Angus, ou Afrikaans

  • 5

Die Afrikaans in die GRA se koerant was baie sleg ...

Die eerste Taalmonument en Taalraad was nie vir Afrikaans nie. Dalk moet mens in Burgersdorp gaan draai by oorspronklike taalmonument, voor die een op Paarlberg gekom het ...

  • 5

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Dit was Kaaps in 1880's in Patriot. Die Taalraad van 1909 is in ou Noordelike Afrikaans geskryf.
    Jan Rap, wat is dan nou Standaardafrikaans?

  • Beste Hans,
    Afrikaans het in 1875 tot stand gekom. Kyk na die datum van hierdie koerant. Wat verwag jy? Dat Afrikaans sommer so met 2017 se spelreëls moes begin het? En dat 'n taal nie verander nie, maar sommer so van meet af aan groot en volledig gebore moet word?
    Groete,
    Angus

  • Hans Richardt

    Angus, het die koerant /besigheid in 1875 tot stand gekom? Ek huldig die opinie dat die sg invloed van Khoi-tale oordryf word. Daar is dan geen ooreenkoms van bv !Xham in landswapen, met Diets-Afrikaans nie.
    Die invloed van Duits en Vlaams teenoor mekaar, het tog invloed op Namibiese Duits (argaïese Duitse dialek), wat byna klink soos Vlaams op steroids.

  • Beste Hans,
    Lees weer: In 1875 is besluit om die Kaaps-Hollandse taal wat aan die Kaap gepraat word, Afrikaans te noem. Totius se pa, Jan du Toit, het toe spelreëls vir Afrikaans geskryf.
    Wat het Khoi-tale met die prys van eiers te make? Wie beweer dat dit so 'n groot invloed op die vorming van Afrikaans gehad het? En wat het Duits en Vlaams of wat ook al te make met hoe Afrikaans in 1876 geskryf is?
    Dit lyk my jy is so bietjie deurmekruis.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus en Hans
    Die volgende uit die geskiedenis van Afrikaans: ( http://afrikander.com/705/)
    "Teen 1800 word die volgende omgangsvariëteite aan die Kaap gepraat:
    Afrikaans-Hollandse omgangsvariëteite ontstaan weens die kreolisering van die taal en nuwe omgangsvariëteite word gekenmerk deur ‘n eenvoudiger taalkode.
    Middel 17de eeu: Europeërs vestig hulle aan die Kaap en die Nederlandse taal begin meng: Suiwer Nederlands, Burger Afrikaans/ Kaaps-Hollands, Boere-Afrikaans, Hottentot-Hollands/ Hottentot-Afrikaans, Slawe-Afrikaans en Vreemdeling Afrikaans."
    " In 1875 identifiseer S.J. du Toit die volgende soorte Afrikaans:
    1) Heere-Afrikaans;
    2) Boere-Afrikaans;
    3) Hottentot-Afrikaans.
    In 1875 ontstaan die eerste Afrikaanse taalbeweging met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners.
    Afrikaans word egter eers 50 jaar later erken as amptelike taal. Wet 9 van 1925 stel Afrikaans gelyk aan Nederlands en is die stryd vir die erkenning van ons moedertaal uiteindelik gewen."
    Lekker dag.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top