Darwin het nie spesies gekyk, nie geneties geanaliseer nie. Hy het sy Ewolusie-teorie gepostuleer op fisiese observasie.
Ek glo dat ewolusie meer omvattend is as Darwin se postulasies. So, elke teorie het beperkings.
http://discovermagazine.com/2013/may/13-grandmas-experiences-leave-epigenetic-mark-on-your-genes


Kommentaar
Beste Hans,
Hoera! Uiteindelik het die pennie geval. Darwin het sy evolusieteorie gebaseer op waarnemings. Hy het met vragtevol daarvan teruggekeer na Engeland. Sy teorie het nie daar opgehou nie. Intussen het die evolusieteorie ook geëvolueer, soos alle teorieë maar maak. Die swaartekragteorie het nie met Newton opgehou nie. Oa het Einstein daarop voortgebou. As bonus vir Darwin se teorie, het fossiele en die genetika bygekom om dit te versterk en te bevestig. So magtig is die evolusieteorie nou, dat dit ander vakdissiplines ook binnedring. Alhoewel Darwin se teorie slegs te make gehad het met lewende organismes, praat ons nou ook van die evolusie van taal, die evolusie van die motor, ens. Waar daar verandering plaasvind, word sommer gepraat van evolusie.
Om te praat van Darwin se postulasie, klink so effe minagtend van jou kant af. Die evolusieteorie van Darwin is alles behalwe 'n postulasie. Daagliks word dit versterk deur bewyse. Eintlik kan ons nie meer daarsonder klaarkom nie. So baie dissiplines steun daarop: die mediese wetenskap, plant- en dierkunde is onverstaanbaar daarsonder.
So, veels geluk dat jou oë uiteindelik oopgegaan het.
Groete,
Angus
Beste Hans
Ek het jou skakel gevolg.Ek weet nie of Angus die artikel gelees het nie,want dit gaan eerder oor dit wat gedragsverandering kan bewerkstellig as suiwer evolusie.