ANC-triumvirate demokraties?

  • 0

Ek wonder dikwels oor die regsgeldigheid van die ANC-triumvirate? Het die SAKP 'n regsgeldige bestaansreg in SA, as 'n sub-politieke party van 'n ander politieke party? Is SAKP nie verplig om te staan as 'n party met 'n plek op stembriewe nie en dan na verkiesing 'n koalisie te vorm nie? Anders behoort die naam te verander na SA Kommunistiese Liga, as 'n onderdeel van ANC.

Ek dink dis tyd om op te hou praat van tripartheid-alliansie. Mag 'n vakbondfederasie ook as 'n politieke party bestaan in SA? Eintlik is die alliansie-vennote bedrog, bestaan net in die media as 3 regsgeldige aparte strukture. Dus, iemand met geld behoort die regsgeldigheid te ondersoek en waarheid te ontbloot. Gesien in lig van huidige gebeure, waar Europese kommuniste die ekonomie kom benadeel met aanstigting tot geweld, wonder ek wat regering gaan doen oor bedreiging van staatsveiligheid deur buitelanders? Terrorisme vind op 4 vlakke plaas, sosiaal, polities, ekonomies en militêr.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top