The lack of leadership in the ANC is definitely no secret, but the current state of affairs where no one has yet come forward to be nominated for the presidency, other than the incumbent, has really come as a surprise to even the most ardent of skeptics.
When no one is willing to nominate himself or herself even just for a chance at self-enrichment, you can only guess how bad the state of affairs must be internally. Kgalema Motlanthe was supposed to be the leader of the anti-Zuma camp. He is somehow (mis)guided by an archaic notion of respect, which somehow allowed him to sit and watch whilst Zuma entrenched his power to be at the helm for another term. Motlanthe’s quiet demeanor is not a sign of respect to anyone, nor is it the behaviour of a disciplined member of the party as many claim; it is in fact a sign of weakness and the inability to lead. Ultimately, his personal views are so well hidden, we as citizens would not know what to expect if he were to ascend to power. He might be the leader we need, but how we would we know?
The fact that Zuma is the only one openly aiming for the presidency must mean that Zuma is the only leader in the party. This is of course very worrying, as you have never seen a more indecisive ‘leader’ on all fronts. Thabo Mbeki often had all the facts wrong, but he at least knew how to lead.
You often hear people say that there are real leaders in the ANC. If there were, they would have stopped the rot in the party. The leaders in the party who stood up against the status quo in the last few years, now find themselves out of the ruling structures of the movement eg Barbara Hogan and Nozizwe Madlala-Routledge. Honestly, they are probably better off.
Charl Linde


Kommentaar
Ek persoonlik gee nie ’n duit om wie die volgende ANC-leier gaan wees nie. Al die vorige leiers was heel onbekwaam. Mandela het niks gedoen nie, Mbeki het in die agtergrond alles vir hom gedoen. Mandela het dit te geniet om in die internasionale son van aanbidding te sit, die sogenaamde wêreld-ikoon. Mbeki was te groot vir sy ANC skoene, en Zuma met sy beperkte intellek verbeel hom hy het genoeg wêreldstatus om die VVO, die Westerse moonthede in die besondere, te kan teregwys, "twiddling his thumbs at home, whilst S.A. burns".
Enigeen wat sy steun aan Malema toegesê het (Motlanthe oa.), behoort in elk geval sy kop te laat lees en is geen president waardig nie.
Ek dink nieteenstaande dat Zuma in elk geval ’n voorgevoel het dat hy uit die kussings gelig gaan word, die dat hy onbeskaamd miljaarde staatsgelde aan sy persoonlike huise spandeer. "Make hay whilst the sun shines" is blykbaar sy huidige leuse.
Die keerpunt vir beterskap in hierdie land sal plaasvind wanneer die ANC uit die kussings gelig word.
Jaco Fourie
Maar dit sal eers gebeur na hoeveel dekades?
Die DA beweeg vooruit, maar dit gebeur redelik stadig, dit maak nie regtig saak hoe optimisties mense daaroor is nie. Dit sal ’n paar verkiesings neem vir hulle om nog provinsies oor te neem.
Wie die ANC lei, affekteer almal op die oomblik, selfs al stem jy vir ’n ander party.
Jaco, nou kom jy reg.
Die probleem is net dat die ANC slegs uit die kussings gelig kan word wanneer hulle uitgestem word. ’n Regering word gewoonlik uitgestem wanneer die land se burgers ontevrede met die regering is wat wel tans die geval is, soos mens kan sien aan die daaglikse brandstigting, toyi-toyi-ery en klipgooiery. MAAR steeds stem die meeste burgers vir die ANC omdat (a) hulle intimideer word en (b) die stemmery word gekook.
Hulle moes dus nooit ingestem gewees het nie, maar dit was teweeggebring deur die waansinnige idee van een man (of asem soos Johannes Comestor dit noem) een stem.
Nou wat nou? Die Progs en/of sy spruitsels soos die DA was verantwoordelik hiervoor, so die DA moet nou met iets vorendag kom om die daaglikse verkragting van die land stop te sit.
Beste Charl
Dit is verblydend om te sien jy het in Afrikaans terugbeantwoord .
Jy skryf: “Die DA beweeg vooruit, maar dit gebeur redelik stadig, dit maak nie regtig saak hoe optimisties mense daaroor is nie. Dit sal ’n paar verkiesings neem vir hulle om nog provinsies oor te neem.”
Eerstens: Ek is van mening dat die DA nie alleenlik die ANC vanuit die kussings gaan lig nie. Dit gaan ’n samesmelting van die meeste opposisiepartye in die parlement wees wat dit gaan bewerkstellig, en alle aanduidinge is dat dit juis aan die gebeur is.
Tweedens: Die geskiedenis het vele voorbeelde van onverwagte verrassings. Die Franse revolusie; die Russiese Okt revolusie; die onverwagte vinnige val van Kommunisme en die Sowjet -Ryk; die vinnige omverwerping van diktatorskappe in Libië; Egipte; met Jemen en Syria in die vooruitsig. Ek is ook van mening dat iets positiefs vir die land met die huidige arbeidsonrus gaan gebeur, nl. dat juis hierdie onrus in die ANC se gesig lelik gaan ontplof.
Verder skryf jy: “Wie die ANC lei, affekteer almal op die oomblik, selfs al stem jy vir ’n ander party.” Die ANC is ’n effektiewe “oligarchy” soortgelyk aan die Russiese “politburo”, waardeur ’n elite groep die party beheer, en nie ’n enkele leier nie. Enige leier wat gekies word, is ’n front vir sodanige groep. Jy sal vind dat “leiers” kan kom en gaan, maar dat die “elite” groep daaragter onveranderd bly. Dus gaan dit nie saak maak wie die volgende leier gaan wees nie
Jaco Fourie
Beste Jan
Ek glo wat ek aan Charl geskryf het, skets my gedagtegang wat moontlik met joune sal verskil.
Wat my effe dronkslaan is waar jy skryf: “Hulle (die ANC?) moes dus nooit ingestem gewees het nie, maar dit was teweeggebring deur die waansinnige idee van een man een stem.” En verder: “Nou wat nou? Die Progs en/of sy spruitsels soos die DA was verantwoordelik hiervoor, so die DA moet nou met iets vorendag kom om die daaglikse verkragting van die land stop te sit.”
Ek is jammer. Ek mis die logika agter hierdie redenasie. Eerstens. Die Progge se beleid was nie een mens een stem nie, maar wel ’n gekwalifiseerde stem, wat opvoedingsvlak en ’n mate van rykdom vereis het. Die meerderheid, nl. die swartes van die tyd, was dienoorenkomstig nie stemgeregtig in terme van hulle kwalifisering nie. Wit baasskap was volgens hierdie stelsel verskans. Rhodesia het wit behoue gebly juis as gevolg van ’n soortgelyke beleid.
Tweedens: Een mens een stem is vandag internasionaal die enigste aanvaarbare vorm van demokrasie. Die DA is nie daarvoor verantwoordelik nie. Inteendeel. Die DA het eers tot stand gekom na 1994. Om hulle vir vandag se gemors die blameer is onsinnig.
Derdens: In Afrikanerbelang, moet ons verby sektariese kleinigheid wegbeweeg, en die groter prentjie gewaar. Pro-aktief deel te neem om die ANC omver te gooi. Met die beste redenasie onder die son, is daar geen manier wat geredeneer kan word dat die VF+ dit ooit sal kan regkry. Die DA, tesame met ander samewerkende opposisieparty kan en gaan dit doen, die dat die oopkop meerderheid konserwetiewe Afrikaners nie vir die VF+ stem nie.
Jaco Fourie