Ek is nie iemand wat graag knip en plak nie. Ek het die skakel ontvang en het dit gelees. Indien dit nie weer een of ander foefie is nie, is ek baie met die persoon beïndruk. Dit wys net dat mens partykeer die werklikheid miskyk en of ontken. Ons Afrikaners is nie net sleg soos ons gedurig moet hoor nie. Vir die "ontgogeldes/skames/beswaardes" kom tog net by en tel jou flippen seëninge. Lig jou kop en kyk die wêreld vierkantig in die oë.
Ek is al in geselskap probeer verkleineer deur anderskleuriges en ander taalsprekers. Al wat ek gedoen het is om die persone subtiel, met goeie maniere, waardigheid en feite reg te wys.
Gatkruip, Jannie Jammergat en Tilla Tampon en ek is nie familie nie. Ons Afrikaners het ruggraatloos geword. Dit is nie nodig om kruiperig te wees nie. Jy word dan as 'n swakkeling aangesien.
http://www.henrileriche.com/a-letter-from-an-american-living-in-south-africa-the-past-7-years/
Reusedwerg


Kommentaar
Nes jy daar sê.
As jy gaan lê is dit maklik om op getrap te word. Ons Afrikaners is tog o so geduldig gedienstig en gedweë, sooo bang om golfies te maak.
En dit is so onnodig want ons het NIKS om voor verskoning te vra en boete te doen nie.