uit eerlik respek, vir Kreateur, Skepper, Maker,
uit hlonipha, vir Tjief, Hoofman, Nkosi (Nkhulu)2,
vir Qhamatha, vir Allah, vir Jahwe, vir Jehowa,
vir Jah, vir Buddha, vir Zen, verstaan, Mens,
vir mede-Mens, vir Naaste, vir Profete,
vir Wette, Gebooie, vir Samelewing,
alles voortvloeiend uit Een Hoofbron,
waaruit eindresultaat, Skepsel,
op dees Aard’ mos vandaan kom
tree God Mos, op Unieke Wyse, Summier Tussenbei,
waar’t nu regte, voorregte, welsyn, van Sy Familia,
ja, wat Sy Kjend betref, dra Vader al vir Millennia,
oor ’n bitterlangbaie tyd, sedert Paradys se Flop,
Mens se Eksodus, Verbanning uit Jena, Utopia,
Mens, Mens se Kind, Geslag Een en verder, Op,
skryf Hy elkeen se naam in Sý Boek, Letterlik
toe loop Mens uit Paradys, uit Skoonheid, Waarheid,
uit, Mens vermeerder en verdeel, verdeel verder,
deel verder op, probeer verder raffineer, bekeer,
kanti, gemeenskaplikheid word bloot ignoreer,
feit lat Lewe Een Eerste Stasie is, Mens,
daar regtig, waarlik, sowaar, net Uno,
inkelte, Mens, Millennium Drie S’n,
Homo Sapiens Sapiens, einste
post-Van Riebeeck, post-emansipasie, post-De Klerk,
post-Polokwane, post-Marikana, post-Mangaung, eish,
Afrikaans nog altyd as apartheidsonderdrukkerstaaltjie,
geëien, geëtiketteer, benoem, genoem, verpejorativeer,
maak haatspraak, oproep op uitwis van “Boer” baie seer,
wie wil nu “Boer-taal” khuluma as dáí apartheidsidentiteit,
waarde wat aan kultuur-uitdrukking geheg word, so onaf,
aan Mens wattie kolonialisme, slawerny, apartheid, straf,
op iedere vlak, dimensie, as stelsel, vir almal wou voorhou
vir Mens wat virre pop gevat word, is ergens ‘n poppebaas,
moenie probeer voorgee Mens is mal, met “kop wat raas”,
boer se plan het toe nooit as te nimmer gekristalliseer,
al meer begin eie geboortegrond, kultuurbron, taal,
al meer begin gevoel vir eie, nastreef van eie, af t’leer
bose siklus van “ras”, “klas”, strategies geïntegreer
in ooreenstemming met Verwoerd, Vorster, Botha,
in ooreenstemming met FAK-ATR, Afri-Solidariteit,
medeburgers, wêreldreisigers, met daai mentaliteit,
vasgevang inne bose siklus, van Self-vernietiging,
Self-destruktief Naaste verneder, verkrag, vermoor,
Gewete gewetenloos aan sjatansjiekteverspreiders,
“Duiwelspiek”-dissipels, neo-onkunde-ontkenners,
ivoortoringpraktiseerders, witpleistergraffitiosi,
onbewus van hul heel eie onkund’-ontkenning,
meer en meer gerig op méér begeer, najaag,
van eiewysheid, kapitaalverafgoding, IT en al,
opoffering van Gewete, nie om dowe neute,
aan sjatan, submissiverend, oorlogsgerig
(enige verwysing na demoon met hoofletter,
sou as super-demonies beskou kon word)
magsjagse, kapitaalslaaf, inhibeerder,
mede-struktuurgeweldseksploiteerder,
via fondament van hulpbronbesetting,
hulpbron-uitbuiting, goedkoop arbeid,
beslaglegging van bron, plus bewussyn,
elke geslag ietwat meer Self-destruktief,
so asof Mens nie eens daarvan bewus is,
papsakpaparazzo-lik, Facebook-verskrik
struktuurgeweld sjatan se hoofmisdaadvennoot,
rassisme, haat, nyd, afguns, jaloesie, magslus,
geweld in naam van God, o Jirre, Lieve Heer,
geen sprake van Respek, vir Gesag, Almag,
Als wat so Lieflik uit U Veritas rank, daaruit,
Verifieerbaar, onteenseglik Waar, voortspruit
Jacobus Faasen

