dees nou heil’ge waarheid, wetenskaplik, klaarheid,
tereg, eg van toepassing, toepasbaar, toepaslikheid,
Mens Wet Nommer Een, weer as ultra-primêr sal sien,
dienooreenkomstiglik, inshallah, Vader opreg sal dien
niemand anners t’blameer, as net Sapiens Self,
vir struktuurgeweld wat gewelddadig voortwoed,
gat Gewete, Essensieel, bai’ kwaai onnerspit delf,
vervreemding, van Self, vir vervreemdes nie goed
medemenslikheid, ubuNtu, enigste plan vir Aarde,
al skat Aardbewoner, Naaste, God, níé na waarde,
wil elite, ultra-eksklusief, elitisme, eksklusief hou
kanti, algar se water uit selle fontein, rivier, dam,
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens, één stam,
elk Mens, Naaste se mede-Mens, kind, man, vrou
Jacobus Faasen

