Amerikaanse verkiesing

  • 1

Die groot verkiesing het gekom en gegaan. Almal was opgewerk en het na die skouspel uitgesien. Maande het almal bespiegel en redekawel oor wie die wenner gaan wees. Die Amerikaanse mediamasjien het in rat gekom en begin met hul subtiele beïnvloeding.

Ek het dele van die eerste debat gesien. Wat vir my opvallend was dat Trump op die vraagstukke/probleme konsentreer het. Hy het Clinton laat verdag lyk oor die foute wat die Demokrate tydens hul bewind gemaak het. Clinton daarenteen kon nie Trump op sy politieke mislukkings verdag laat lyk nie want hy het nie 'n politieke agtergrond of CV gehad nie. Trump dink ek het Clinton toe skietgoed gegee en die uitlatings oor ras, geslag en vreemdelinge gemaak. Clinton kry toe die "bewyse" van die uitlatings wat hy oor vroumense gemaak het. Hy het dit heel moontlik gedoen, weet nie. Al wat ek gesien en hoor het, was die bus waarin hulle sou gery het en Trump wat die uitlatings maak. Laat dit daar. Clinton kry ammunisie. Ek het Trump sien verskoning aanteken oor die uitlatings en aanbeweeg. Die wêreld gons toe nog aan daaroor. 'n Hele week word aan die storie gewy.

Die tweede en derde debatte het gevolg, dit het feller geraak. Meer op die persoon af.

Clinton het haar landgenote onderskat. Die mense en nie net die Amerikaners nie, is keelvol vir die tipe regeringsbewind. Wat het dit die Amerikaners in die afgelope Demokratiese bewindstermyn gebaat? Hulle is slegter af. Trump is 'n besigheidsman. Ek kan nie sê of hy 'n goeie of slegte een is nie, maar wat hy het en bereik het kan seker daarvan getuig. Die mense het gestem en die VSA het 'n nuwe president. Clinton dink ek het geweet sy gaan verloor en ek glo dat sy nie juis gronde gehad om Trump te diskrediteer nie. Die Demokrate het gedink om die man in stede van die bal te speel gaan vrugte afwerp, maar helaas, hulle het in die hek geduik.

Ek het gereeld na die Afrikaanse intekenkanaal se kenners se opinies oor die skouspel gekyk. Daar is van die kenners wat openlik vyandig en neerhalend van Trump gepraat het. Daar het 'n kenner van die M&G voorspellings en aanvalle teen Trump gemaak dat ek gedink het hy is persoonlik deur Trump te na gekom soos hy te kere gegaan het. Om na die tyd jou te verlustig is altyd lekker. Ek verlustig my in die eier wat in die media se gesigte ontplof het.

Daar is Europese lande wat die VSA se rigting gaan volg. Hou die Nederlanders, Duitsers en Franse dop. Die stille meerderheid is keelvol vir die lieplappers, plakkers en saamryers van die wêreld. Die onwettiges beset lande en ontneem geleenthede van die burgers van die land.

Ek is nuuskierig oor wat die volgende vier jaar gaan gebeur. Ek dink Trump gaan as een van die groot staatsmanne van die VSA onthou word.

Tyd sal leer.

  • 1

Kommentaar

  • Chris

    Ek is seker jy verwoord die gevoel wat by menigtes die geval is, en is nie polities korrek genoeg om daaroor te swyg nie, nl:

    "Om na die tyd jou te verlustig is altyd lekker. Ek verlustig my in die eier wat in die media se gesigte ontplof het". EK OOK!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top