Amerikaanse Hooggeregshof: Geregtigheid onder die wet. (Equal Justice under the law)

  • 3

Hello, 

Die volgende paragraaf uit Kobus se brief verwys:

Nóg ’n saak in die Amerikaanse Appèlhof het so onlangs as Maart vanjaar bevind dat dit hoegenaamd nie gesê kan word dat kinders in homoseksuele ‘huwelike’ nie daardeur benadeel word, nie, by monde van regter Scalia, juis as gevolg van die feit dat deskundiges daaroor diep verdeeld is, met die oorgewig aan die kant van die deskundiges wie sê dit is skadelik. Hierdie saak gaan oor ’n mosie deur homoseksuele aktiviste vir die blanko wettiging van homoseksuele ‘huwelike’ in alle Amerikaanse state – ’n mosie wat afgekeur is. Natuurlik trek die homoseksuele aktiviste te velde teen die beslissing. 

Aangesien ek ingeskryf is op die Washington Post en die New York Times is ek bewus van die twee sake wat huidiglik op die rol is en volg dit met belangstelling aangesien dit vir my belangrik sou wees om die logika van die Amerikaanse Hooggeregshof te volg indien die twee sake deur hulle sou afgekeur sou word. Dit het nog nie gebeur nie en is die beslissing uitstaande. Hierdie is soos verwag kan word 'n beslissing waarvoor daar in groot afwagting gewag word. Daarom dan my skok om te lees in Kobus se brief dat die mosie afgekeur is, hoe kon die Washington Post en New York Times dit gemis het? 

Graag wil ek die aanloop tot die twee bogenoemde sake in konteks plaas. Sodomie was teen die wet in die VSA tot en met 2003 en is toe deur die Amerikaanse Hooggeregshof afskaf met die bevinding in Lawrence v Texas. 

Hierdie beslissing het 'n vorige saak omver gewerp, Bowers v Hardwick, van 1986 waarin die Amerikaanse Hooggeregshof die volgende beslis het, gebaseer op 'n geskiedenis wat strek tot en met die vestiging van die kolonies het regter White die volgende geskryf vir die meerderheid: 

"to claim that a right to engage in such conduct is deeply rooted in this Nation's history and tradition or implicit in the concept of ordered liberty is at best facetious."

Die meerderheid het ook bevind in hierdie beslissing dat homoseksuele sodomie gelyk is aan die volgende: 

"adultery, incest, and other sexual crimes even though they are committed in the home."

Regters Blackmun, Brennan, Marshall en Stevens was teen die beslissing.  

Die beslissing in Hardwick het vir 17 jaar staande gebly tot en met die beslissing gelewer in Lawrence v Texas.  

Regter Sandra Day O'Connor nou afgetree, beslis in 'n aparte mening die volgende, dat die wet soos behou deur die Amerikaanse Hooggeregshof in Bowers v Hardwick het die volgende effek: 

“branding one class of persons as criminal solely based on the state’s moral disapproval of that class.”

Hierdie is in teenstelling met Regter Antonin Scalia se argumente wat soos volg opgesom kan word: 

In dissent, Justice Scalia fulminated. Likening sodomy to bigamy, incest, obscenity and even bestiality, he argued the State had every right to outlaw conduct it deemed immoral.

Hierop het Regter Scalia soos volg uitgebrei toe hy onlangs 'n lesing by Princeton gelewer het en 'n student daar hom konfronteer het oor sy vorige beslissings: 

“State laws against bigamy, same-sex marriage, adult incest, prostitution, masturbation, adultery, fornication, bestiality, and obscenity are likewise sustainable only in light of [a previous decision validating] laws based on moral choices.” 

Dit bly 'n raaisel dat 'n regter wat veronderstel is om 'n skeiding tussen sy eie morele waardes en die wat aanvaarbaar vir die samelewing is oorkom as 'n persoon wat nie daardie onderskeid tref nie en volhou om te argumenteer dat indien: “If we cannot have moral feelings against homosexuality, can we have it against murder? Can we have it against other things?”

Hierdie is nie die grondslag vir 'n ordelike en vry samelewing nie en is dit onaanvaarbaar dat die tipe van wetlike diskriminasie staande gebly het vir die tydperk wat dit op die wetboeke was. 

Dit is daarom skokkend om te besef dat soveel soos 24 van die Amerikaanse State op daardie stadium nog aktief mense vervolg het wat betrokke was in sodomie volgens William Eskridge se Dishonorable Passions 'n studie van sodomie wetgewing in die VSA. 

Dit is veral belangrik om te fokus op die term, sodomie, aangesien dit veel meer kras oorkom en dit die bedoeling daarvan was, om juis die seksdaad so onnatuurlik moontlik te probeer skets en is Regter Scalia tekenend van die diep gesetelde vooroordeel en afsku wat die woord, sodomie, poog om te bewerk in sommige aanhoorders daarvan. 

Vir die rekord ek vind Regter Scalia, welsprekend, sjarmant, gesofistikeerd, met 'n dodelike sin vir humor maar staan verstom oor sy teenstand teen homoseksualiteit. 

Sy teenstand moet dalk gesien word in die lig dat Regter Scalia die vader van nege is en 33 kleinkinders het asook Rooms Katoliek is en daarom dalk nie sy weg kan sien in die lig van persoonlike voorkeur. 

Wat die bespreking poog om te bevestig is dat enige beslissing deur die Amerikaanse Hooggeregshof wat vyf teen vier beslis word bevestig wat staande bly en op die wetboeke gehandhaaf word en soos duidelik gesien kan word was daar alreeds in 1986 menings op die Hooggeregshof wat op 'n alternatief gedui het. 

Hierdie aanloop bring ons dan by die twee sake soos dit nou voor die Hooggeregshof is, United States v Windsor, No 12-307 & Hollingsworth v Perry, No 12-144 en het Kobus in sy brief slegs verwys na die 'oral arguments' wat in Maart gehou is oor 'n twee dae periode en word dit dan deur die regsbank gebruik om die verdediging te ondervra in detail en is dit glad nie die beslissing nie. 

Die beslissing is nog uitstaande. 

Die agtergrond tot bogenoemde twee sake is soos volg in Hollingsworth v Perry, No 12-144:

In 2008, just months after the California Supreme Court endorsed same-sex marriage, the state’s voters amended the State Constitution to repudiate the ruling and ban such unions. Two prominent lawyers, Theodore B Olson and David Boies, challenged the ban as a violation of the federal Constitution on behalf of two same-sex couples.

After a trial, a judge in San Francisco struck down Proposition 8 in a broad ruling whose logic would apply to bans around the nation. California officials did not appeal the ruling against them.

The United States Court of Appeals for the Ninth Circuit, in San Francisco, ruled that proponents of Proposition 8 had standing to appeal the judgment against the state. The court then affirmed the trial judge’s decision but on a narrower ground, saying voters were not entitled to withdraw a constitutional right once it had been established by the State Supreme Court.

Q. What is the Obama administration’s position?

A. Solicitor General Donald B Verrilli Jr urged the Supreme Court to strike down Proposition 8, focusing on a ground that would apply to California and seven other states. He said it violated the Constitution’s equal protection clause to confer all the benefits and burdens of marriage on gay and lesbian couples through civil unions but withhold the label “marriage.”

Die tweede saak is United States v Windsor, No 12-307 en is die agtergrond soos volg: 

In Windsor, Plaintiff Edith Windsor seeks a refund of $363,053 in federal estate taxes after the death of her same-sex spouse, who she married in Canada in 2007. They had been same sex partners for more than 40 years. While New York did not issue marriage certificates to same-sex couples until after Ms. Spyer’s passing, New York would have recognized her valid Canadian marriage certificate. However, while New York State would permit Edith Windsor to file joint tax returns, DOMA prevents same-sex married couples from filing joint federal tax returns, prevents the surviving spouse of a same-sex marriage from collecting Social Security survivor benefits, and also leaves federal employees unable to share their health insurance and certain other medical benefits with same-sex spouses. It is estimated that more than 100,000 couples in the United States are affected by DOMA. On June 6, 2012, the federal District Court for the Southern District of New York ruled that Section 3 of DOMA violated the Equal Protection Clause because there was no rational basis to support it. 

A divided three judge panel of the Second Circuit Court of Appeals affirmed, applying intermediate scrutiny, holding that DOMA's classification of same-sex spouses is not substantially related to an important government interest. The case is now before the Supreme Court.

In Windsor, het die Obama Administrasie opdrag gegee dat die regering nie hierdie 'Defense of Marriage Act' of ("DOMA") moet verdedig nie. 

Hierdie het skerp kritiek uitgelok van Hoofregter Roberts waarvolgens Hoofregter Roberts die Obama Administrasie beskuldig van die volgende: 

“Lacking the courage of his convictions” for continuing to enforce the marriage law even after concluding that it violated constitutional equal protection guarantees."

Dit is na aanleiding van die Obama Administrasie se besluit om 'DOMA' nie te verdedig nie. 

Met bogenoemde is 'n gedeeltelike geskiedenis van die wetgewing teen homoseksuele persone in konteks van die VSA uiteengesit en is dit ook uitgewys dat selfs op die Amerikaanse Hooggeregshof is daar nie ooreenstemming oor hoe beslis moet word nie, maar het die vyf versus vier die meerderheid en bly die wet dan behoue, net soos bogenoemde ook uitwys dat die Obama Administrasie sy woord gestand gedoen het en nie gelyke regte vir homoseksuele persone teenstaan nie en die beslissing volkome in die hande van die hof is. 

Die beslissing is naby en ek kan nie wag nie om te sien hoe nege persone wat moet beslis namens die redelike persoon se besluit gaan wees nie. 

Nog 'n saak wat selfs van hier met belangstelling gevolg kan word, is, Fisher v University of Texas, wat handel oor toelating tot Universiteite volgens ras, en is die beslissing ook uitstaande en sal dit waardevol wees om die beslissing van nege namens die redelike persoon in hierdie konteks ook te sien. 

Baie dankie

Wouter

  • 3

Kommentaar

  • Johannes Comestor

    Wouter, ek sal dit baie waardeer as jy ons sal inlig oor die uitslag van die hofsaak Fisher vs University of Texas sodra iets daaroor gepubliseer word. Ek het in hierdie geval nie vertroue in die plaaslike koerante nie. As hulle berigte plaas, sal dit dalk onvolledig en eers na 'n tydsverloop wees.

    Johannes Comestor  

  • Hello Comestor, 

     
    Definitief - hierdie saak is nou al van Oktober verlede jaar op die rol en is daar ook groot afwagting oor wat die beslissing gaan wees in die VSA. Regter Sandra Day O'Conner, nou afgetree, het in die vorige beslissing wat regstellende aksie staande laat bly het, aangedui dat oor 25 jaar behoort daar nie weer 'n beslissing te wees wat dit gaan goedkeur nie. 
     
    Ek kan ook nie wag nie en sal dit plaas die oomblik wat ek weet - dit gaan definitief nuus wees. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello, 

     
    Hiermee die agtergrond tot Fisher v University of Texas. 
     
    In Grütter v Bollinger (2003) is die toelatingsbeleid van die University of Michigan Law School wat as 'n komponent gehad het, toelating wat ras insluit as 'n faktor in die universiteit se toelatings-proses, getoets of dit grondwetlik was. In 'n 5-4 beslissing het regter O'Connor die volgende motivering vir die beslissing uiteengesit wat beslis het dat die Universiteit se regsfakulteit se toelatingsbeleid grondwetlike was weens die volgende rede: 
     
    "A highly individualized, holistic review of each applicant’s file, giving serious consideration to all the ways an applicant might contribute to a diverse educational environment. We also find that, like the Harvard plan Justice Powell referenced in Bakke, the Law School’s race-conscious admissions program adequately ensures that all factors that may contribute to student body diversity are meaningfully considered alongside race in admissions decisions. With respect to the use of race itself, all underrepresented minority students admitted by the Law School have been deemed qualified. By virtue of our Nation’s struggle with racial inequality, such students are both likely to have experiences of particular importance to the Law School’s mission, and less likely to be admitted in meaningful numbers on criteria that ignore those experiences".
     
    Die verwysing na die 25 jaar waarna daar in die kommentaar verwys is, is gebasseer op die volgende formulering van regter O'Connor: 
     
    "It has been 25 years since Justice Powell first approved the use of race to further an interest in student body diversity in the context of public higher education. Since that time, the number of minority applicants with high grades and test scores has indeed increased. We expect that 25 years from now, the use of racial preferences will no longer be necessary to further the interest approved today".
     
    Daar is baie wat dit gelees het as 'n 'tydelike hulpmiddel' en dat dit nie vir ewig moet staande bly nie. Hierdie laat ek aan die kenners oor wat die motiverings sou wees. 
     
    Regter Kennedy wat teen die beslissing was dui egter ook die volgende aan wat ook ondersteuning bied tot die beslissing van die meerderheid op grond van die volgende:
     
     [T]o be constitutional, a university’s compelling interest in a diverse student body must be achieved by a system where individual assessment is safeguarded through the entire process. There is no constitutional objection to the goal of considering race as one modest factor among many others to achieve diversity, but an educational institution must ensure, through sufficient procedures, that each applicant receives individual consideration and that race does not become a predominant factor in the admissions decisionmaking.
     
    Scalia en Thomas wat ook deel was van die wat teen die beslissing was se standpunt is dat rasse-voorkeur is nooit geregverdig nie. 
     
    Tesame met bogenoemde wat behou is word die volgende wel deur die Amerikaanse Hooggeregshof verwerp: 
     
    "In Gratz v Bollinger, decided on the same day as Grutter, the Court struck down the University of Michigan's undergraduate admissions policy, which awarded minorities an automatic 20 points by virtue of their race out of a total 100 points needed to pass the admissions threshold. The Court in Gratz held that this automatic set-aside of points was impermissible since it did not consider each applicant as an individual on their own merits, but rather distributed benefits automatically based on mere membership in a particular group. Therefore, the distinction between an affirmative action program that focuses on a more holistic review looking to many factors on an individualized basis and a program that considers race alone to award a decisive and automatic benefit is an important distinction in the legality of affirmative action programs".
     
    In 2012 aanvaar die Hooggeregshof Fisher v University of Texas in Austin vir oorweging om uitslag te lewer of regstellende aksie-programme in universiteitstoelatings aanvaarbaar is. 
     
    Abigail Fisher is 'n jong wit dame wat toelating geweier is tot die Universiteit van Texas in Austin. 
     
    Haar betoog is gebasseer op die volgende: 
     
    "That it is not necessary to overrule Grutter because the University of Texas has already achieved a critical mass of underrepresented minorities and therefore can no longer justify their affirmative action program".
     
    Dit is waar die saak nou is en is die beslissing uitstaande. 
     
    Die Washington Post het die volgende artikel oor die onderwerp gehad: 
     
    Conservatives likely to write most remaining decisions in Supreme Court’s term
    By Robert Barnes, Published: 16 June 2013 

    For instance, one of the biggest cases of the term — whether the University of Texas may consider race when making admission decisions — is the only case from the court’s first sitting in October that has not been decided. From the March sitting came the court’s marquee cases of the term — the two involving same-sex marriage — as well as a voting-rights challenge to an Arizona law. All four of the court’s liberals have written opinions in noncontroversial cases from that sitting; only Thomas among the conservatives has authored an opinion from then.

    Of course, it doesn’t require a scorecard to know that Kennedy probably holds the key to the use of affirmative action in higher-education admissions. (The bigger question is what’s taking so long: The court has decided 46 cases argued after Fisher v. University of Texas.)Likewise, he was the focus of arguments in the same-sex marriage cases: whether the Defense of Marriage Act unconstitutionally withholds federal benefits from same-sex couples legally married where they reside, and California’s Proposition 8, prohibiting same-sex marriage in that state.His pivotal role reflects that while Kennedy most often sides with conservatives, he wrote the court’s most recent victory for gay rights and has not been as willing as others on the right to prohibit racial considerations.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top