assittie familie, vriende, geliefdes is,
assie dood nie so naby Lewe Een, Aards,
assie verwesenliking van Self-bevryding,
ma’ net wetenskaplik uitgeleg, beplan,
was, was Mens inne veel beter scenario,
situatio, veral as Lewe afhang, van Kreateur,
Sy Vergifnis-Ratio, hoe Hy Mens B’oordeel,
op grond van struktuurgeweldsopponering,
bestryding van sjatan, al wat Hy Wil Hê,
Mens uiteindelik ma’ moet doen, opreg,
te wil werk vir werk van Versoening,
post-Gewete-herwinning, nie als só,
so oneties, onsubtiel, Gewete-loos,
onsuiwer, onnodiglik, onmenslik,
gewetenloos, Self-destruktief,
soos “Duiwelspiek”-siekte nie
dissie nette soort saamsweerteorie,
hayi, Mens, net Via Liefde, vir Naaste,
Via Liefde, vir Vader, vir Eie, Self,
sal Mens Self kan herwin, menslik,
medemenslikheidsgewys Naaste,
as medemens waardeer, bemin
soos uit oudsher geskiedenis, storie,
Mens absoluut bewustelik, nog zero,
niks van Self-destruksiwiteit toe wis,
of vannie voordele daarvan, eksakt,
super-ultra-wetenskaplik onskuldig,
noggie “Duiwelspiek”-dissipelskaplik,
onner onkund’-ontkenningsinvloed,
of enig’ anner vals pseudosindroom
Jacobus Faasen