effek van ontevredenheid, verdeeldheid,
rippel deur effektebeurse, verleentheid,
onrus skep onrustigheid, benoudheid:
Mens, Millennium Drie Homo Sap-Sap,
indien u u Self, as sulks sou wou beskou,
net u Self weet hoe Self, vol-Volwaardig,
vol Respek, vol Liefde, vir God, vir Naaste,
Eerste Mens wrintiewaar nie meer laaste,
kring medemenslikheidsgevoel al wyer uit,
ter wille van gewilligheid, van anti-apartheid,
onvanpastheid van kapitaal se “ras” en “klas”,
umNtu, ngumNtu, abaNtu, ultra-eg Avatariaans,
Tri-Millenniaans, nie meer onkund’-ontkennend
Mens, Millennium Drie Krisis wys ’n “Wese”,
Self-destruktief, psigo-Spiritueel, ge-GM,
gekloon, pseudo-kosmeties verfraai, ai,
byna vrek ge-”frack”, vol vrot aardwater,
supersonies-bionies, altyd oorloglustig,
nageslag in kapitaalsindroom ingelyf,
foeter mekaar, so gewelddadig,
soos vyande, ultra-ortodoks,
in pas met “ras” en “klas”,
alles wat al eeue lank,
oneties, onvanpas,
onnodig was
behalwe indien Mens Mens Self kan oortuig,
als volledig in 8 genome, daar’s net een way,
Mens sal Eie, Spiritualiteit, in rat moet kry
Jacobus Faasen

