Alles net mooi andersom, Wouter

  • 0

Hallo Wouter

 

Ek verwys na jou briewe van die 15deser.

Hierdie brief begin met 'n mite. Alles was net mooi andersom om die waarheid te sê. Alles was Engels, die radio, die pers, die staatsdiens, alles. Die Afrikaanse gedeelte van die pers, radio ens was 'n breukdeel van die Engels, die Afrikaanse geelbladsygedeelte van die Johannesburg- en Pretoriase telefoongidse is 'n goeie aanduiding.

In die Departemente van Gemeenskapsbou en Openbare Werke byvoorbeeld kon 'n tekening tweetalig wees of Engels alleen; nooit Afrikaans alleen nie en dit ten spyte van die feit dat die kontrakteurs oorwegend Afrikaans was. Engels was so oorheersend dat die regering een of ander bepaling uitgebring het dat ontvangsdames tweetalig moet wees. Dit was myns insiens 'n verkeerde ding; as Afrikaners bloot Afrikaans gepraat het was so-iets nie nodig nie. Die behoefte aan so'n wet of regulasie was toe al vir my 'n manifestasie van Afrikanergedienstigheid.

Jou stelling dat Verwoerd gedink het skoling gaan 'n swart horde Engelse tot gevolg hê klink absurd, so ook die aanhaling dat daar geen plek vir swartes bokant arbeidersvlak sou wees nie. Hoe sou iemand wat onafhanklike state voorgestaan het so-iets wou hê; hy sou hulle mos so gou moontlik op 'n hoog genoeg vlak wou hê om hulle eie land te administreer, nie waar nie? Dit klink veral na onsin as in aanmerking geneem word dat Verwoerd by geleentheid 'n "k-boetie" genoem is.

Buitendien, Bantoe-onderwys is so 5 jaar na die NP in bewind gekom het ingestel, voor dit, sendelinge en die soort van ding soos jy vertel, is so net so van die Engelse goewerneur geërf. Indien enigiets moes dit 'n groot verbetering gewees het, soos alles anders, op wat ons van die Engelse geërf het.

'n Swart kollega van my sê byvoorbeeld dat, al wat met Bantoe-onderwys verkeerd was, was die swart onnies. Hulle was volgens hom ongedissiplineerd en belangeloos. Hy het in die middel 60's rond gematrikuleer en het graad gevang by die Universiteit van die Noorde waar hy toe later dosent in rekenaarwetenskap was. Verder, soos ook al baie hier uitgewys, was die meerderheid van die onderhandelaars by Kodesa produkte van Bantoe-onderwys en hulle het nie te sleg teen Roelf meyer-hulle gevaar nie, inteendeel ....

Jy praat van Afrikaanse universiteite wat ander sou uitsluit; hoe is dit moontlik dat Afrikaans daardie eienskap het maar nie Engels nie? Veral Stellenbosch-omgewing waar bruin en wit hoofsaaklik Afrikaanssprekend is. Die wat onderrig in Engels wil hê kan mos Ikeys en UWC toe gaan, dis net 'n hanetreetjie van Stellenbosch af.

Jy praat ook van ' ...  Afrikaans se bevoorregte rol ...'; dis ook 'n mite, so-iets het nooit bestaan nie.

In hierdie brief beweer jy Afrikaanse skole en universiteite is 'n luuksheid wat nie bekostig kan word nie. Op grond waarvan sê jy dit? Hoe verlaag Engels byvoorbeeld die bedryfskoste van 'n skool of universiteit?

In hierdie brief sê jy:
Wanneer dan die terugvoer uit die huis van Jan Rap wat die kwessie van taal en denke sal bevestig, aangesien daar nie ’n geleentheid was op die stadium van jou antwoord om met almal te kon bevestig nie.
Wat beteken dit? Dit lyk of daar 'n byvoeglike bysin of iets is wat 'n werkwoord kort, of iets. Kan jy net verduidelik asseblief.

Groetnis

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top