Jaco: Opmerkings oor Afrikaans

  • 0

Hello Jaco

Baie dankie vir die terugvoer van jou kant af.

Ek hoop dat die antwoord geplaas in ’n aparte brief die kwessies van jou brief aanspreek. Dit was insiggewend om te lees hoe dit in Namibië hanteer was. Neem kennis dat dit nie ’n plesier was om standpunt teen Afrikaans in te neem nie en dat dit definitief nie ’n polemiek was nie, maar die logiese slotsom waartoe ek gekom word indien die historiese verloop en die toekomstige uitdagings in oorweging gebring word.

Onderwys op alle vlakke het aandag nodig en so die skole om die stroom wat bestem is vir die universiteite op standaard is en suksesvol kan wees, daarom sal dit beter wees as daar ’n enkele standaard van die begin is.

Afrikaanse skole en universiteite is ’n luukse wat nie bekostig kan word nie.

Daar is begrip vir die behoud van alle tale in hierdie land van my kant af, maar het vrede gemaak dat Afrikaans grootliks beperk is tot my huis, vriende en familie. Soos dit met grootliks die hele bevolking die geval is.

Ons ontmoet mekaar in Engels.

Baie dankie

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top