Diets het tot 1912 as taal voortbestaan in die twee ou Boererepublieke, tot Uniewording. Akademici bly neuk na Nederlands as historiese oorsprong, maar sonder geen tipe Nederlands spesifiek uit as oorsprong nie.
Die laaste ou Vlaandere Graafskap, hedendaagse Limburg - Gelderen provinsies in Nederland en Wes-België - was eintlik 'n eiland-vrystad in die rivier.
Dit was oorsprong van die ou Staten Bijbel, wat standaardtaalbron was tot in 1912! Nederduitsch of Diets was dus streektaal in bv Rustenburg. Dit was ook die moedertaal van beide my pa en ma. Hul het dit aan ons as moedertaal geleer.
So, wat is Standaardafrikaans? Wat vir Jan Rap standaard is, is nie vir my of iemand anders nie, want ons herkoms is nie dieselfde nie.


Kommentaar
Angus, het jy dalk Staten bijbel uit Suruname, in Kaaps of Afrika-taal wat nie meer bestaan in SA?
My idee is om tot by ons standaardtaal te kom, met tye, geslag, geluidstroom ens.
Beste Hans,
Die woord Diets het hoofsaaklik twee betekenismomente: 1. Taal van Nederland tydens die Middeleeue, en 2. Taal van die Nederlandse kultuurgroep wat Nederlands, Hollands, Vlaams en Afrikaans insluit.
Jan van Riebeeck en sy manskappe het 'n Nederlandse dialek, Hollands, gepraat, en dit is die oorsprong van Afrikaans.
Wat die Staten Bijbel betref, het jy dit heeltemal mis. Die mense het Afrikaans gepraat, maar omdat die Bybel nog nie in Afrikaans vertaal was nie, was hulle genoodsaak om die Nederlandse Bybel in die kerk te lees. 'n Bybel kan onmoontlik 'n "standaardbron" vir enige taal wees.
In Rustenburg en waar ook al in Suid-Afrika het niemand nog ooit "Nederduitsch" gepraat nie, behalwe miskien die Duitsers hier in Natal miskien. Jy verwar nou die tale wat mense hier praat met kerkgeskiedenis.
As 'n bybel nie meer bestaan in Suid-Afrika nie, waarom dink jy dat ek dalk miskien een sal besit?
Om "standaardafrikaans" te verstaan, is 'n yslike studie op sigself. Ek twyfel of 'n ou wat verveeld op sy pensioen sit en wag, dit wil aanpak. Na 1875, toe Afrikaans sy naam gekry het, het taalkundiges dit begin suiwer van oa Anglisismes, en dit gestandaardiseer sodat dit veral ook as skryftaal geskik sal wees.
Ek weet nie wat jy bedoel as jy sê jy wil by ons standaardtaal "uitkom" nie, en dit nogals met tye, geslag en geluidstroom. Verduidelik asseblief.
Ek stem saam, alles het nie sy oorsprong in die Kaap nie. Dink maar bv aan die stoommasjien en tabak.
Groete,
Angus