Alles gaan verby
Alles gaan verby, ek en jy
Jou lewe, my lewe, reënboë, aardbewings
Alles gaan verby, elke liewe politieke party
wat hy sê, wat sy sê, waar hulle glo die waarheid lê
Alles, alles gaan verby.
Alles, alles gaan verby.
Alles gaan verby, ’nspesie wat ons nou nog in die veld kry
Die lem wat die renosterhoring afsny
Jou kans om jou lewe aan ’ntowertalent te wy
Alles, alles gaan verby, net soos ’nkar, ’nkar wat verbyry
’nseisoen, ’nseisoen wat nou klaarkry
Chaos in jou kop in die “bybly”
Alles, alles gaan verby
Alles is net een, een groot massiewe energie
Sop van atome, mens, plant en dier
Hart van ons drome, wie weet wie
So kry jy jou kans om deel te wees
om iets van elke kleur te hê
om met alles ’nbeurt te hê
Alles, alles is net een
Alles, alles is net een
En sou jy wonder wat maak jou besonders
En sou jy wonder of almal dieselfde moet dink
Jy’s jou eie wonder
Hoe unieker, hoe gesonder
Die wêrels is vol wonde, maar ten minste weet ons dit ...
Alles gaan verby, alles, alles gaan verby.

