Alles
Moenie van jou hart ? moordkuil maak nie
Jy’t mos ? mond gekry om te praat
Maak jou oë oop
en asem diep in en uit
Dis nou jou kans
Maak ? verskil in hierdie lewe
REFREIN:
Gryp die dag vir wat hy is
Hou op twis oor wat buite jou beheer is
Moenie op die lewe sit en wag nie
Want voordat jy jou oë uitvee
is alles, alles verby
Maak jou oë oop
en asem diep in en uit
Laat vaar jou vrese
Steun op waagmoed
jou innerlike vreugde
Ontvang pyn met ope arms
en word vrygespreek
Bereik hoër hoogtes
jou hoop, jou drome
Dis nou jou kans
Maak ? verskil in hierdie lewe
REFREIN
Gryp die dag vir wat hy is
Hou op twis oor wat buite jou beheer is
Moenie op die lewe sit en wag nie
Want voordat jy jou oë uitvee
Want voordat jy jou oë uitvee
is alles, alles verby
Moenie van jou hart ? moordkuil maak nie
Jy’t mos ? mond gekry om te praat
Maak jou oë oop
en asem diep in en uit
Dis nou jou kans
Jy’t net een lewe
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


