"Alleenig" deur Gerad Franzsen

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Dit gly soos trane van my wange af
Ek luister saggies na die woorde wat jy sing
Die nag is duister vir 'n vreemdeling
'n Sagte fluister uit die kraak wat die lig inbring
En ek dink
Ek dink by myself ...

Voel jy gekruisig?
Of gesteenig?
Weggegooi?
Of net alleenig?
Voel jy vasgedraai op 'n langpad waarvan jou koers alreeds bepaal is?
Sprei jou vlerke
Jy't geen perke
Op jou merke
Mik vir berge
Jy't geen rede om net op te gee wanneer jy bietjie verdwaal is

'n Koning-haan op sy toring
Hy kan nie kraai en beweeg waar die wind hom waai
'n eensaam, vasgenaalde leier
Word forseer om in diepste stilte te verkeur
Is ek mal?
Of doodgewoon?
Of doodgewoon ...

Voel jy gekruisig?
Of gesteenig?
Weg gegooi?
Of net alleenig?
Voel jy vasgedraai op 'n langpad waarvan jou koers alreeds bepaal is?
Sprei jou vlerke
Jy't geen perke
Op jou merke
Mik vir berge
Jy't geen rede om net op te gee wanneer jy bietjie verdwaal is
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top