Alleen in die reën
Kan jy onthou aan die begin was jy my eerste liefde. Kan jy onthou toe ek kon sê dat jy my hart laat bons met briewe, maar vanaand sit ek hier en wonder ...
Wat het geword van die liefde tussen ons, wat het geword van die briewe en die blomme en die woorde. Wat het geword van die liefde tussen ons, want vanaand is dit net ek en ons ou hond en jy is ver van ons ...
Kan jy onthou dat ek gesê het, dat ek jou altyd lief sou hê . Kan jy onthou dat jy belowe het om altyd by my te bly, maar nou sit ek hier en wonder wat het van jou geword, want vanaand is ek alleen. Alleen in die reën. En dan sit ek hier en wonder wat het van jou geword want vanaand is jy nie by my nie.
Wat het geword van die liefde tussen ons, wat het geword van die briewe en die blomme en die woorde. Wat het geword van die liefde tussen ons, want vanaand is dit net ek en ons ou hond en jy is ver van ons ...
Wat het geword van die liefde tussen ons want ek sit alleen, alleen in reën en wag vir jou.
![]() |