"Alleen" deur Tania Ott

  • 0

Alleen

Vers

Sy’s alleen
Sit en luister na die reën
Wens daar was iemand by haar
Om die donker nag deur te praat

Koor

Sy hoop liefde is orals, iewers, êrens
Sy’s bereid om te wag, op pad na nêrens
Sy hou haar nie op met die kinders van die nag
Sy bly weg van die poele waar die jong haaie jag

Vers

Sy reik uit
Ontdek daar’s iemand, tot haar spyt
Wat meer vra as wat sy kan gee
Magteloos word sy meegesleur

Koor

Maar sy hoop liefde is orals, iewers, êrens
Sy’s bereid om te wag, op pad na nêrens
Sy hou haar nie op met die kinders van die nag
Sy bly weg van die poele waar die jong haaie jag

Vers

Sy trek in
Besef dis nou ’n weer begin
Om haarself nog ’n kans te gee
Die seerkryspoke te besweer

Koor (1)

Sy weet liefde is orals, iewers, êrens
Sy’s bereid om te wag, op pad na nêrens
Sy hou haar nie op met die kinders van die nag
Sy bly weg van die poele waar die jong haaie jag

Koor (2)

Sy weet liefde bly altyd, orals, êrens
Sy’t nie lank gewag – hy vind haar langs nêrens
Sy hou haar nie op met die kinders van die nag
Sy’t ’n rede vir liefhê, vir lewe, vir lag

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top