"Alle paaie lei na Witbank" deur Poem Man

  • 0

Alle paaie lei na Witbank

Refrein

Alle paaie lei na Witbank
in ’n eenrigting, inrigting
vir almal om te sien
vanaand x2

ma sê altyd daar is die regte en die verkeerde pad om te kies
maar dit maak my vies
as ek dink aan die verlies
as ek opeindig in Witbank

ek sit baie en wonder oor die alewige roetine
die sluk van vitamiene
’n misbruik van kokaïene
(om die pyn te verdoof)

Refrein

Alle paaie lei na Witbank
in ’n eenrigting, inrigting
vir almal om te sien
vanaand x2

dis nie altyd net sleg en kwaad
liefde oorrompel die haat
vrede en samewerking op straat
is die antwoord, die goeie saad

al wat ek weet is die pad voel soms lank
en ons verkort dit met lemoensap en drank
sit en wag op die perfekte klank
alle paaie lei na Witbank

... alle paaie lei na Witbank


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top