Jy seg:
Die ware Opgestanes, soos beskryf in die Bybel, was so normaal soos voorheen, en daar was geen gruwelike ongemak te bespeur by hulle opstanding nie.
Kan jy asseblief jou stelling ondersteun met ’n verwysing of twee na die Skrif? Waar presies staan dit geskrywe dat hulle so “normaal” was as voorheen en dat daar geen “gruwelike ongemak” te bespeur was nie?
Ek sien daarna uit om van jou te hoor.
Groetnis
Oom Daan
NS Synde jy die God-georkestreerde volksmoord, kinder-offerandes en slawerny van die Bybel skynbaar nie te onverkwiklik vind nie, is dit vir my nogal heel verbasend dat ’n ou briefie hier op SegNet ’n wrang smakie in jou mond kan los.

