Alie se paraberading

  • 0

Trou aan die berugte parakunde van onse Kobus de Klerk (pararegskundige, parawetenskaplike, para-astrollog, paraginekeloog ... tot paraprediker), word Kobus se karikaturale paranimf se spot gereeld oordryf om selfs as paraberader vir jongmense voorgehou te word.

Uit al die bespotlike gedweep op die werf, is dit duidelik dat die nimlike Alie beslis nie ’n professionele of opgeleide berader is nie. Die hele spotbeeld herinner sterk aan die ooms met die rooi klere hierdie tyd van die jaar, wat eintlik net daar sit om kindertjies se boudjies te knyp as mamma en pappa nie kyk nie.

Uit eie ervaring weet ek dat selfs ’n halfeeu gelede al, jongmense gewaarsku word teen sulke paraberaders. Baie van hulle is cross-dressers wat hul verlustig in die bieg van onervare seksualiteit. Meeste van hulle staan op misdaad rekords as pedofiele. Nietemin, hul modus operandi is ALTYD verskuilde identiteit in algemene paranoia (met of sonder wit baarde en rooi klere).

Mense wat opreg besorg is daarin om ander intiem te ondersteun, sal hulself openlik laat orden met behoorlike opleiding en registrasie by ’n owerheid.

Dis gewoon verkeerd as elke alie wat kom toegelaat word om genoeë te skep in jongmense se intimiteit.

Help liefs om ons jeug te beskerm teen elke alie om die draai wat hulself as paraberaders voorhou.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, en katolieke liefde,

Cornelius Henn

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top