Alie
Ek sien jou brief aan Ronel maak voorsiening vir die moontlikheid dat iemand ’n “beter Christen” kan word.
So, nou wil ek graag weet:
1. Presies hoeveel grade van Christenskap is daar?
2. Wat is die verskillende grade van Christenskap?
3. Hoe word daar onderskei tussen byvoorbeeld ’n “goeie” en ’n “beter” Christen?
4. Welke aansporing is daar vir ’n “goeie” Christen om ’n “beter” Christen te word, as mens in ag neem dat beide in elk geval gered is en hemel toe gaan (of dalk nie, afhangende van jou antwoord)?
Onthou tog om in jou antwoord na die Skrif te verwys, anders gaan mense sê jy dink die goete self uit.
Oom Daan
NS Ja, Kosie, synde jy die "beste" Christen is, kan jy ook maar antwoord as jy wil.

