sou Mens so grootword, oppe familiêr plaats,
ruimtes, klowe, vlaktes, ken, alreeds as kind,
alles van kleins-af Self, post-eksperimenteel,
sonner sprake van Mens Self ernstig benadeel,
verstaan waarom geveerdes soggens graag sing,
Mens mekaar, Gewete-loos, tot doer onder dwing,
hoekom Mens so baie Naaste vervreem, tot slaaf,
struktuurgeweld inplant, onderbewussyn in, diep,
dour, waar Gewete in Mens, van produksielyn af,
reeds toentertyd ferm, Gewete-vol, Geïnstalleer,
voor “Duiwelspiek”-dissipelskursus getranskribeer,
eie nageslag by onkunde-ontkennersklub ingelyf,
Eerste Mens volksmoordelik uit eie land verdryf,
’s, weg, kolonialis Self-wys, neo-teologies oortuig
superioriteitsindroompsigologie vorm glo basis,
van Oorlewing der Sterkstes onnerrie Sterkes,
mooi opgedres as grondwetlik, beter vir almal,
in ’t heel beste belang van die meerderheid,
met toepas, klein bietjie “ras”, minder “klas”,
effektief oorgeleen, by Broeder-apartheid,
negatief, doodgebore, ultra-pseudo-illusie,
visie waarvoor Mens (Mens) nooit weer,
kniel of buig, Self-submissief,
sal of moet onderwerp nie
Mens mag nooit as t’apartheid weer só,
wees, word, verword, deterioreer, Heer,
Skepper, Dra Sorg, vol Goeie Hoop,
kanala, Allah, tramakassie,
indien U Sou Blief, Aanvaar,
Mens net so Heilig soos U
mag nie proses van Self-destruksie,
verwoestings-, uitwissingsmissie,
as standaard, “legitiem”,
as súlks bloot aanvaar
Jacobus Faasen

