"Al wat ek wil sê " deur Wilna Volker

  • 0

Al wat ek wil sê

Die lewe is rof en die tye swaar
Met jou tasse klaar gepak
en die plek waar jy moet wees leeg

Tussen trane dink ek weer aan jou
en die seisoene wat ons nog bymekaar hou
Soos die stukkies van ? legkaart, dis hoe ons pas
Op die agterkant van jou scooter, dis waar die party was

REFREIN:
Hoekom moet als so verander?
Hoe sê mens jammer
wanneer jy vasgevang is in die verlede
en alles wat goed is in ? oogwink verdwyn?

Niks voel meer dieselfde sonder jou
Ons was op ons beste toe ons ons was
Kan jy onthou, toe ons nog jonk was?

Ek wens om weer langs jou fliek te kyk
Terwyl jy saggies vir my fluister dat die karakters hul seer sal beheer
Jy’t belowe ons sal altyd vriende bly

REFREIN

Voor my deur is waar jy nou staan
Sê tog net baai voor jy gaan
Ons oë is nat gehuil
Ek sal ons tye saam vir niks verruil

REFREIN

Al wat ek wil sê (x3)
is ek gaan jou mis ...

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top