Al my mooiste woorde
Ek het al my mooiste woorde op jou gemors
Want jy het hulle gehoor maar nooit werklik geluister nie
Ek het al my mooiste woorde op jou gemors
Want jy het hulle gehoor maar nooit werklik geglo nie
Ek het al my mooiste woorde op jou gemors
Want jy het hulle gelees maar nooit werklik gesien nie
Ek het al my mooiste woorde op jou gemors
Want jy het hulle gelees maar nooit werklik geproe nie
Ek het al my mooiste woorde op jou gemors
Want jy het hulle ervaar maar nooit werklik gevoel nie
Ek het al my mooiste woorde op jou gemors
Want jy het hulle ervaar maar nooit werklik ontdek nie
Ek het al my mooiste woorde op jou gemors
Want jou oë was blind
Jou ore was doof
En jou siel verlam
Ek het al my mooiste woorde op jou gemors
Maar dít was nie mý skuld nie
![]() |