hemellug’t blou v’loor, grys oorheers,
hemelvenster’s nou vaal, Mens staat,
lank ’n wag, Spiritueel sonner Gewete,
kaal, staat “gelowige”, sonner Verhaal,
sal Millennium Drie Mens Self moet staal,
versus smart, hartseer, lyding, pyn, oorlog,
uitwis van mede-Mens, Naaste, nesse dier
nie net hier, in Afrika, dwársoor Univers,
Homo Sapiens Sapiens sonner wil, wens,
via Visie, (r)ewolusie, op Aard’ t’ervaar,
gat t’roer, ter b’reiking van versoening,
boetedoening, vergifnis, mooi opmaak,
nasiebou, samewerking, koöperasie,
ontwikkeling, heropbou, tesame,
soos Millennium Drie Mens,
bitter baie lankal al moes
onselfsugtig, Eie, Self,
uit neo-Self-destruksie,
superkapitaalpatroon,
ultra-ydel lewenstyl,
bevrydend t’bevry,
“los hotnot”-loos,
Eerste Mens,
nes op Aarde,
so ok in Jena
Jacobus Faasen

