Al die verskillende godsdienste

  • 10

Die brief hieronder is die mening van die briefskrywer en weerspieël nie noodwendig die mening van die LitNet-redaksie nie.

Die radio (RSG) is maar altyd aan die gang in die huis of werkskamer en dit is selde dat ek voor 24:00 gaan slaap. Op die manier werk dit dan so dat ek al vir jare der jare op Donderdagaande so 23:00 na die program “Islam In Fokus” luister waar ‘n ene Shahieda Carlie en sjeg Najjaar aspekte van Islam bespreek.

Partykeer luister ek maar met ‘n halwe oor maar wat ek agterkom, onder andere, is dat daar groot klem op medemenslikheid en hulp aan behoeftiges, ongeag hulle godsdiensoortuiging,  gelê word. Ek maak nou nie ‘n studie van Islam nie, maar vir my lyk dit of daar ‘n groot ooreenkoms is met Christelike (en Boedhistiese) beginsels is.

Shahieda borrel behoorlik van geesdrif en liefde vir haar godsdiens; daar is geen sprake van “die onderdrukte vrou” by haar nie.  Ek reken, wat die stand van die vrou betref, is daar seker nie veel verskil met dié van vrouens onder die ortodokse Jode nie.

Wat my opval is die gebruik van Arabies. Elke versie wat aangehaal word uit die Koran is in Arabies. Die voordeel is seker dat daar niks is wat verlore gaan of skeef uitkom as gevolg van vertaling nie. Miskien moet ons daardie voorbeeld volg en Antieke Grieks, Antieke Hebreeus en Latyn leer om die oorspronklike teks (tekste) van die Bybel te lees.

Daar word dikwels gesê dat godsdiens die oorsaak van die meeste oorloë is. Dit is myns insiens nie waar nie; oorloë gaan oor minerale bronne, grondgebied, water, daardie soort van ding. Logieserwys is die groepe wat mekaar aanval gewoonlik van verskillende godsdiensoortuigings maar die onderskeie godsdienste is maar ‘n soortvan banier. Vir dieselfde prys kan mens sê vlae veroorsaak oorloë want die groepe wat mekaar pak het verskillende vlae.

Ons in Suid-Afrika, en veral die mense in die Kaap, leef al vir jare in vrede saam met mense van die Islamgeloof. Die huidige terreur wêreldwyd, toegeskryf aan Islam, het kulturele redes, nie die Islamgeloof nie.

Jan Rap

 

  • 10

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Jan Rap, ek het al baie oor Kosher en Halaal op kosverpakkings geraas gemaak, want dis vir minderhede. Dan, die ondergeskikte rol van vroue in Islam en Joodse Ortodokse huishoudings, kraai geen haan...

  • Ek wou maar net aandui dat die argument dat godsdiens die oorsaak van oorloë is die nek inslaan.

  • Hans Richardt

    Jan Rap, ISIS het oorlog gemaak, in die naam van godsdiens in Irak en Sirië. So, jy ego die Radio Sonder Mense se opinies.
    ISIS het wel olie gebruik as manier om hul regime en oorlog te finansier, maar het in vrugbare aarde van Arabiese Lente van Obama-regime ontstaan.

  • Hans, ek is nie pro- OF anti- Zen/Islam/Boedhisme/Hinduïsme nie. Ek sê net ek hoor baie goeie beginsels op daardie besprekingsprogram en wat voorskrifte vir die optrede teen 'sondaars' betref reken ek dis maar min of meer soos in ons Ou Testament.
    Verder sê ek godsdiens is nie die oorsaak van oorloë nie; dis grondgebied, water, minerale ens. Godsdiens kan maklik gebruik word deur politici en ander belanghebbendes om mense op te sweep maar 'n ou in Bolivië gaan nie sommer 'n Eskimo aanval oor hulle godsdienste verskil nie.
    Wat RSG betref, ek het 'n ernstige probleem met daardie stasie; hy's aktief besig om Afrikaans te ondermyn.

  • Hans Richardt

    Jan Rap, ek stem saam met grootste deel van jou siening.
    Tog kon Vietnam oorlog deur sg christen Yanks, nie teen bose budhistiese kommuniste gewen word nie. Afghanistan is ook soortgelyke voorbeeld, teen Islam. Tog is dit landelike geloofssoldate, wat deur geloof gedryf word as onderbou, teen al die tegnologie van sg hoogsbeskaafde land in wêreld.
    Ek dink nie die Ridders van ouds sou saamgestem het nie.
    Al wat ek weet, is dit laat vraag in my gemoed waarom die mense moet veg om hul God te beskerm, terwyl liefde vir naaste, natuur ens aan volgelinge geleer word?

  • Hans Richardt

    Jan Rap, ek gee jou gelyk. Godsdiens op papier, maak nie oorlog nie, dis mense aanhangers wat oorlog maak.

  • Ja Hans, dit is so maar ek sê godsdiens is nie die rede nie; godsdiens is maar die banier, die vlag, die heraldiese wapen. Die oorsaak is verowering/verdediging van goed (water, grondstowwe, grondgebied, strategiese ligging ens).

  • Laat my dink aan De Kleine Johannes se Vredemiere wat ander mierkolonies gaan aanval het, net omdat hulle beweer het hulle is die Vredemiere.

  • Hans Richardt

    Ek luister nou vanoggend nuus oor Trump wat alweer in spervuur is oor sy navraag omtrent Hunter en Joe Biden se betrokkenheid in hidroliese gaseksplorasie van 2014 in Sloviansk in Ukraïne. Ook wapens en militêre steun aan sg oorlog teen "Rusland"! Waarheid, boere en inwoners van Ooste in Ukraine, het rewolusie begin teen onteiening van plase en eiendom vir Shell, Exon Mobil en Borrisimo(maatskappy waarby Biden's belange het)!
    Biden mag finansieël betrokke wees in Ukraine, maar Trump as Vsa staatshoof en hoof van weermag, mag nie navraag doen waarom Vsa troepe in burgeroorlog in Ooste van Ukraine betrokke is nie en waarom Vsa wapens daarheen gaan nie. Politieke korrektheid is belaglik. Selfs in hierdie oligarch oorlog, het split tussen Russiese en Ukraine Ortodokse kerk gekom.
    Selfs in ons eie protestante kerke was daar verdeling oor politiek in SA. Mense en hul sienings oor geloof maak oorlog, nie gelowe op papier nie.

  • Godsdiens het 'n gerieflike skuilplek geword vir die bevorderinge van eie belange en die kerk 'n wegkruipplek vir mense met bose bedoelinge.

    So beroep sg vryheidvegters hulself op die lewe en sterwe van Jesus en gaan dan so ver om hom tot status van vryheidvegter te verhef.As 'n mens egter na die onstaan van 'godsdienste' kyk sal jy sien dat baie van hulle 'n geweldadige onstaan het, soos bv. die Islamgeloof wat onstaan het ongeveer 600 jaar na die begin van die Christelike geloof.

    Die woord 'Islam' beteken dan ook 'onderwerping aan die wil van God'.
    Dit is opmerklik dat Christene en Moslems al in hewige oorloë met mekaar betrokke was en dat mense wedersyds 'gelowig' geword het afhangende van wie die oorlog gewen het het.

    Die Christelike geloof draai nie om dit of eie belang nie ,want Jesus se lewe,sterwe en opstanding het nooit om eie belang gedraai nie,of oproep tot opstand nie maar wel om die van sy volgelinge om die te versoen met sy Vader sodat hulle ook sy aangenome kinders kan word.

    Die misbruik van veral die Christelike godsdiens is dus 'n betreurenswaardige
    toedrag van sake waaraan selfs politieke partye skuldig is.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top