Al Capone, waar is jy nou in grendelstaat?

  • 7

Die briewe wat op SêNet verskyn, is die menings van die briefskrywers en nie noodwendig van die LitNet-redaksie nie.

Dit was net voor betaaldag, wat grendelstaat inskop. Ons kon nie in oorvloed voorsiening maak vir mampoer en sigarette tabak, papier en filters nie.

As ons darem ’n verskaffer gehad het, soos Al Capone in 1920’s met “prohibition” in VSA na Spaanse griep... 

Ek het my Mieliestronk-pyp en twee oue pyptabak in kombuiskas in ’n blik uitgehaal en sit nou hoenderkop en tik. Sjoe, sulke droë tabak, Rum en Maple, Holland House en Fox is sterk... 

Ek kan my nie indink watse probleem ’n dop is nie. In VSA is dit “noodsaaklike items” en drankwinkels is oop, met tabak. My suster sê so. Ons Handves van Menseregte in Grondwet, is nou sommer met regulasies ingrypend verander, sodat staat voorskryf met helse boetes en tronkstraf, oor persoonlike gewoontes in huis.

  • 7

Kommentaar

  • Hans,
    Destyds in die Bos, het ons plan gemaak. Die sjef het sy suiker wat in sakke saam met ander voorraad met ’n Dakota afgeparachute is, in 10-gelling-loodmelkkanne gebêre want dit was bedompig en ook veiliger, weg van suikersoekende insekte en goeters.
    Ek het met sjeffie gereël vir ’n leë kan en die woord laat loop. As jy wil deel hê moet jy opdok. Ek sal nie hier die resep deurgee nie en sodoende ons almal spaar van moontlike oortredings en gevolglike vergrype deur die ou op TV-nuus met die hoed.
    Al die bestanddele wat nodig is vir so ’n stook was beskikbaar behalwe “yeast” wat sjeffie met sy weeklikse voorraadbestelling ge-order het met die motivering dat hy vir die manne brood wil bak. Destyds kon man-man in die basis twee dumpies bier per aand kry. Ons manne het vir drie aande bitter dors gely, maar die vooruitsig was daar. Al die bestanddele, wat alles beskikbaar was, bymekaar en daar gaan dit.
    Loodkan se deksel op en met ’n slot geknip. Na 5 dae het die kan hier om sy middellyf begin bulte maak soos hy kook en skuim teen die kante van die deksel uitgedruk. Die toets daaraan was uiters belowend.
    Een manskap het sy laken opgeoffer vir die manne en die sifting is gedoen. Kan skoon gemaak en bier weer terug in en so laat staan vir die weeklikse basisbraai. Die bier was ’n reuse sukses en die aand – hoe sal ek sê fantasies vrolik. Vleis, slaai en bier in oorvloed. Daar is baie gesing, later geween – ja want die verlange huistoe het nou vlak begin lê.
    Die oggend, ou Hans, die volgende oggend – moer, ek sê jou nè – die basis had net een puttoilet en ieder en elk het hier 06:00 rond begin sitplek soek. Geen vastigheid nie, net spuit. As jy gedink het jy kan knyp – ag nee wat. Enigste opsie, die 50 m of wat drafstap kampgrensdraad toe. Halfpad soontoe gryp die manne na agter om te help prop en slaan oor tot 46n stadige stap. Die rivier was genadiglik gelukkig naby. Die ry manne in die rivier wat bad – die BO het verbied dat ons die kamp se shower kon gebruik.
    Dis seker onwettig om by die huis te moonshine nè.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Medici verduidelik dat dit minste een jaar en meer sal vat om vaksiene te ontwikkel vir COVID-19.
    Vir Bheki Cele is die verbod op drank en sigarette die messias om misdaadsyfer te verminder, terselfdetyd kla hy oor gesinsgeweldsyfers. ’n Roker wat aan onttrekkingsimptome ly, sal maklik baklei.
    Ek het 10-liter-papsakwyn in kombuiskas gehad. Paar proppies op droë tabak gegooi. Vanmiddag sigarette gerol en die nat tabak brand amper twintig minute. Deesdae se sigarette brand uit as jy dit in asbak sit en twee sinne tik. Pyptabak is sterk in so gerolde sigaret. Ek rook al 46 jaar en wragtag lanklaas daai gevoel van nuwe roker gehad.
    Ek dink dat politici bang is, dat hul sal gate toe gaan met die pandemie ... Tot in 1800’s was mense leeftyd beperk, ek dink dat natuur net weer onnatuurlike situasie normaliseer. Ons is deur verskeie pandemies in afgelope 100 jaar en laas in 1918 was dit enigiets van omvang.
    Die komende naweek is paasnaweek. Gewoonlik hou die media kriekettelling oor padongelukke, maar dis nou met beswaarde stemme wat enige sterfte aan COVID-19 gelees word. In normale jaar is daar ongeveer 10 000 sterftes uit ongeveer 150 000 ernstige influenza-gevalle in SA. Nou verwag almal om sterftesyfer laag te hou?
    Ek dink medici en politici is oksimorone met hul verwagtinge vs realiteit gemeet aan verlede se statistieke. Daar was nog nooit vaksiene wat influenza-virus kon uitroei, soos bv. pokke of masels of polio nie. Maw die medici en politici het almal sedert 1918 gefaal, want hul behandel net simptome, nie virus nie.

  • Met die inperking van vriend vyand en familie kom twee van oorlé oom Koos Ras by my op. Die een is Have you ever been honder en die ander Ou Sampie. Die twee liedjies vind ek op die stadium van die internering baie gepas. Honger is erg, maar dors, aikôna.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg, INTERNERING is regte woord. Ons wag net vir ons rantsoene kaart en pasboeke ...
    Raed-na-gael, ek 5 en 25 liter stookpotte by voete-ent van my slaapbank. Slaapbank is oorblyfsel van gewese huwelik, maar ek kon in 20 jaar se relatiewe vryheid, nog nie weer vat kry aan ’n gewone bed nie.
    Ek het dag van inperkinge, gelukkig ’n rolmasjien gekoop en genoeg rolpapier vir sigarette, rook nou gerolde pyptabak en dis lekker. Die goed wat hul deesdae op papier en twak van moderne sigarette spuit om brande te voorkom, smaak is nie in tuissigarette nie. Dalk my nering gekry vir aftrede, om ’n twakier te word.

  • Wat van “vaping”? Kom ’n dag by my kind aan in die US -koshuis en daar staan ’n kontrapsie en ek skeef hom uit. Nee, sê hy, hou maar net die ding vir die manne langsaan. Daardie rol twak – is dit die goed wat Clint Eastwood in flieks eers kou en dan so sekuur spuug? (Hoe lyk jou tanne?) Onthou ’n Western waar hy ’n getroue hond aanhoudend voltref en die moerig begin raak daaroor. Nee wat, ek’t maar hier en daar enetjie gevat wat my aangebied is totdat die manne begin mor dat ek nooit “offer” nie. Koop toe ’n pakkie “Life” en offer, huh... uh hulle rook nie dit nie en ek spaar deurdat hulle toe nogsteeds offer en ek vat. Rook toe vir twee jaar en los dit vir vyf jaar. Koop weer Chesterfield rook vir drie jaar en los dit – 1990 tot vandag toe. Sorg tog net dat jy as twakier belasting ook hoes, anderse is jy dalk in die visier van SARS se geheime manne. Maar tog ... die rokery was net ’n gewoonte – by my altans. Nou nog wanneer iemand offer gaan my hand halfpad sigaret toe voordat my verstand inskop en sê “wat nou” – wys jou net. Ek’t op 30 Nov ’90 die aand my laaste “Chessie” gehad, die motgevrete pakkie het vrou onlangs eers van ontslae geraak. Die prys daarvan – as ek reg onthou, so by die 45c @ pakkie.
    Lekker hoes!

  • Avatar
    Hans Richardt

    Vaping maak my siek.
    Ek hou nie van dit nie, maar in my kombuis kas is daar 1. Longe hou nie van water-olie mengsel nie. Kan net sowel onder water probeer asemhaal.
    Ek het darem pyptabak voorsien, maar dis vir my blatant onnosel dat verkoop van tabak met griep / Covid-19 in verband gebring word. Met drank weet ek uit ondervinding van ongevalle, dat dit vir geweldsmisdaad verantwoordelik is.
    Ek het nog karba soet papsak, so ek kan onderhandel...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top