Ai tog, hoe jammerlik!

  • 0

Ek verwys na die dame wat haar klere laat waai in protes teen die prediking van Angus, die magtigste man onder die magtige manne.

Die vrou is 53! Ek is seker dat sy dalk die harte van manne in hulle laat 50’s en ouer mag laat fladder, maar dis 'n "cougar" te vêr vir my! Ek wou my tienerseun na die uitstalling neem, maar al daai 53-jarige gravitasie-geaffekteerde naaktheid mag die kind dalk lewenslank van seks laat afsien en daarmee ook die voortbestaan van hierdie tak van die Gerber-stamboomkelder.

Ek stel voor dat die kunstenares nie haarself die onderwerp van haar kuns maak nie, maar eerder gebruik maak van die dienste van 'n meer aanvallige dametjie wat effe jonger is.

Onstoke Sybrand Gerber

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top