ai, sjatan

  • 0

reg virrie apeks, vannie Stryd, kern,
daar waar goed en kwaad, pole, kruis,
sjatan, demoon, Mens via Self-destruksie,
via “ras”, “klas”, al wat super-onsmaaklik,
pejoratief is, wil afdruk, mikro-verkleineer,
stereotipeer, degradeer, ontmens, verprooi,
jag, belieg, bedrieg, uitmoor, skiet, verkrag,
makliker van wil, van Gewete, Siel, kan bevry,
verlos, uit Liefde, van Oppervader, Skepper,
submissief, Self aan ou sjatan kan onderwerp,
lat hy sjy “Duiwelspiek”-heerskappy, gedoente,
“Duiwelskloof”, “Helshoogte”, dodery, doodsplek,
plek waar Mens Gewete versend is, daar te vrek

slaggereed, ultra-dogmaties, demonies intakt,
reg vir stryd, versus Skepper, Sý Paparazzi,
wie, Populisties, Hom selfs kleim as Kreateur,
Allah, Almagtig, van Hemel, Jena, plus Aarde,
hele Heelal, Hy, sov’l Millennia voor Paradys,
Geheelbeeld, Spelregels, Ultrawet, Gebooie,
Sig Selwers Spiritueel Sekuur Saamgestel’t,
toe al Bewus, hoe sjatan Hom uit sou daag,
Sy vyand, onne indruk, latty stryd kan slaag

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top