Ai

  • 2

Foto: Canva

Ai!

excusez-moi
ek vra nou mooi
waantoe het al
die nice mense verdwyn

ek dag ons gaan sit
met ’n mooi glas wit
die oes van kreef braai

Skaterlag met my rug
teen ’n warm 
baksteenmuur

wit sand 
bruin voet
nat gras

gaan nou moet
ophou skryf die
gedagtes het my kop
laat draai

ek’s die een
het opgestaan
en gewaai

die nice mense
sit nog by
die baai

  • 2

Kommentaar

  • Jacques Wessels

    Die gedagtes word gedeel. Die tweede vers sou ek weglaat om ons so bietjie langer onseker te hou oor waar die plek is wat die gevoelens omvou.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top