Agnostici II

  • 1

MacCulloch se uitlatings maak dit duidelik dat hy géén gevoel of aanvoeling vir Spiritualiteit het nie en hy sê ook reguit dat hy eerder sy passie vir geskiedenis wou gaan bevorder, as om in pastorale, geestelike diensbaarheid te staan – duidelik was sy vertrek géén verlies vir die kerk, nie. Hy beweer ook dat hy ’n vriend is van Christendom, maar geen Christen nie. Sy antagonisme teenoor die Geloof, is fundamenteel, hoewel hy sê hy mis die episkopaalse doktrinêre milieu (natuurlik omdat hy kom uit ’n familie van episkopaalse priesters), het sy “fondness” vir die episkopaalse doktrinêre milieu met natuurlik niks te make het Christelike doktrine, nie. In die Christelike doktrine, het hy ’n persoonlike weersin – die gronde waarvoor is soos hierbo uiteengesit.

Só ’n persoon, hóé lief en geleerd vir geskiedenis ookal, is op sy beste, ’n sekularis, sónder enige aanvoeling vir die Geestelike, die Spirituele. Die boeke wat hy skrywe, konsentreer op Saksies – Middeleeuse geskiedenis, meer in besonder die Tudor’s. Dan skrywe hy ook oor die politieke inslag van die Hervorming van dieselfde era. Sy (sovêr ek weet) laaste poging, is ’n boek genaamd A History of Christianity: The First Three Thousand Years. MacCulloch sê dat hy bykans tweeduisend bronne geraadpleeg het uit die Oxford biblioteek en dan maak hy die verstommende opmerking dat sy oogmerk nie is om dinge te vereenvoudig nie, maar inderdaad, meer kompleks, meer ingewikkeld te  maak, sodat mense nie “stupid mistakes” omtrent die Christelike Godsdiens (waarin hy ’n persoonlike weersin en vooroordeel het) maak nie.

Nou, as hy ’n politikus is en ’n politieke geskiedenisboek skrywe, dan verstaan ons dit, want in die politiek is dit die absolute norm – kompliseer dinge vir jou opponente ter wille van verwarring en die baie agterdeure wat dit vir jou laat om in en uit te glip soos ’n paling – en só pak MacCulloch dan die History of Christianity aan. Die uiteinde is ’n onaanvaarbare, onwerklike deurmekaarspul wat tot absurde uiteindes lei – ons moet nie buite rekening laat nie – MacCulloch het in sy soeke, ’n baie klein gedeelte van die beskikbare literatuur gelees (deur die eeue heen, is daar baie duisende werke geskrywe oor die wel en weë van die Christelike Godsdiens wat tersaaklik is) op baie selektiewe basis. MacCulloch vertel nie vir ons watter bronne hy verwerp het en waarom nie. Daarom moet ons uit sy eensydige sekulêre en agnostiese benadering aanvaar dat hy kieskeurig was ten gunste van bronne wat sy vooroordeel nie sou aanstoot gee, nie. Dít gekoppel met sy gebrek aan Spiritualiteit en Spirituele Intelligensie, was hy dus nie instaat om geskiedkundige gebeure te interpreteer nie, verál waar dit gegaan het oor sy persoonlike gemaksones, byvoorbeeld, die Woord se uitdruklike verbod op homoseksualisme (in teëstelling tot homoseksualiteit). Dáár, byvoorbeeld, is beginsels verkeerdelik vernou om net antieke religieuse pagan gebruike aan die Christendom te weier, welwetende dat dié vandag nie meer in gebruik is, nie.

Aan die ander kant, is Adolf Deissmann.

Deissmann was ’n Duitse Protestantse teoloog van uitnemende karakter en bekwaamheid. Hy was ’n spesialis wat, onder andere, gespesialiseer het in die Christelike Godsdiensgeskiedenis en die Griekse taal waarin die Nuwe Testament geskrywe is. As mens, akademikus en teoloog was Deissmann uitsonderlik hoog aangeskrewe – hy was professor in teologie en het agt verskillende doktorsgrade gehou van ses verskillende lande. Hy het ten minste dertien spesialis geskiedkundige vakgerigte boeke en artikels, wat twee spesialis tydskrifte insluit wat weekliks uitgegee is, gepubliseer wat waar hy die geskiedenis, ontwikkeling en verloop van die Christelike geloof, haarfyn bestudeer het. Hierdie werke was globaal as gesaghebbend aanvaar. Deissmann was ’n diep gelowige mens en was ook vir nie minder nie as twee keer genomineer vir die Nobel vredesprys. Hy is in 1935 op sewentigjarige ouderdom, oorlede.

Vervolg -
Kobus de Klerk

 

  • 1

Kommentaar

  • Al hierdie geklets, al die duisende boeke wat geskryf is, alles is net tydmors, want religie is net 'n skepping van die menslike verbeelding. 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top