Sulke napratery van beterweterige bleeding heart liberaliste soos jy Wouter, irriteer skoon die Kobus de Klerk uit my uit.
Jy stik:
Voor die Nasionale Party, die Afrikaner aan bewind gekom het, in 1948 was die onderwys soos alreeds gesien die verantwoordelikheid van sendelingskole en was die kwaliteit volgens alle aanduidinge (sic) op ’n goeie standaard.
Nou wat op aarde het Madiba-hulle dan aan die "goeie standaard van onderwys" onder die Ingelse gekrap?
Woutie, jy forseer (soos met alles) jou mening op dr Verwoerd met:
What is use of teaching maths when it cannot be used in practice? That is quite absurd. Education must train people in accordance with their opportunities in life, according to the situation in which they live.
Ek spoeg en plak vir jou die volgende as eerste deel van ’n woordsom:
The ANC was founded in the subsequent year on 8 January 1912. The government of the newly formed Union of South Africa (1910) began a systematic oppression of black people in South Africa.
Nou ja Woutie, ek weet nie hoe groot jou onderskeiding aan "maths" met hoërgraad op matriek was nie, maar lees gerus die tweede deel van die woordsom:
Founded in 1914, it (die Nasionale Party) was the governing party of the country from 4 June 1948 until 9 May 1994 ... Its policies included apartheid, the establishment of a republic, and the promotion of Afrikaner culture.
As jy mooi tel dan is 1910, LANK voor 1948. Maar moenie laat dit jou verwar nie. Ek haal vir jou die res van die som aan:
H.F. Verwoerd, was Prime Minister of South Africa from 1958 until his assassination in 1966. He is remembered as the man behind the conception and implementation of apartheid, a system of racial segregation dividing ethnic groups in the country.
As jy 1948 en 1958 tot mekaar reken, sal jou antwoord moontlik wys dat dr Verwoerd ’n hele dekade NA die bewind van die Nasionale Party as Eerste Minister aangestel is.
Ek haal vir jou die res van die paradoksale Anglo en Amerikaanse propaganda uit dieselfde bron aan:
Apartheid was a system of racial segregation enforced by the National Party governments of South Africa between 1948 and 1994
Apartheid was nog altyd vanaf die Ingelse se Unie 1910 daar. Die Ingelse het hul apartheid teen Boer en African afgedwing. Boer en African het daarom hul weerstand teen die Ingelse onderskeidelik 1912 en 1914 georganiseer. Die Nasionaliste het in hul sonde Apartheid teen Africans vanaf dag een hul bewind in 1948 verder "enforce". Dr Verwoerd kon dus op GEEN MANIER dekades later die onsin van "the man behind the conception and implementation of apartheid" skuldig wees nie.
Wat die Ingelse en die Africans de moer in gemaak het, was omdat dr Verwoerd gesien het hoe Anglo en Amerika die Africans sedert 1948 misbruik het om die Boere te ontsetel. Dr Verwoerd se ongewildheid en gevolglike sluipmoord was die gevolg van sy desperaatheid en (misreken?) die ANC en PAC te verban. Sien self hoe die ANC vandag niks anders as lakeie vir die geldmag tot nadeel van die armes is nie.
Dr Verwoerd het die beste bedoeling in die onderwys vir ALLE armes gehad. My Oupa Corrie Henn is persoonlik in 1958 as die eerste registrateur van die Universiteit van Zoeloeland deur dr Verwoerd aangestel. Die Universiteit (een van vele sulkes deur dr Verwoerd) was juis bedoel vir Zoeloes met ’n beter wiskunde vermoë as jy om koste effektief direk in hul omgewing tot die hoogste vlak gevoed te word.
Jy is ’n plastiese spoeg en plak naprater Wouter.
Baie dankie.
Cornelius Henn

