Vir my is aftree soos klere koop. Bv jy kan ’n T-hemp uit katoen met ’n ontwerper-etiket teen bv R500 gaan koop of ’n katoen T-hemp vir R27 by Pep-stores. Funksionaliteit bly dieselfde, jy trek dit oor jou kop om jou liggaam te bedek. As jy dit netjies versorg, is die voorkoms tog dat jy aangetrek is. Wat ek kan aflei is dat baie aasvoëls rondhang om wins uit ander te maak met aftrede en slim planne, voeg net ’n akademiese titel of 2 by die duur konkoksie en jy het ’n besigheidsplan. Die raad is moenie op vreemde plek aftree nie, op radio. Is ’n aftreeoord met snaakse reëls oor jou kuiergaste, dan nie juis so ’n plek nie? Nee wat, RSG bevorder spesifieke denkmodel en produkte. My raad is, beplan vroegtydig oor dekades. Dis ’n voltydse werk om oud te word en nie vir sissies nie. Stylvol is dalk juis minder en stadig en nie hoeveel dit kos nie.
Hans Richardt

