Beste Hans,
My perd vir 'n koper stookketel! Hoe jaloers maak jy my nou!
Onthou net, sperskes, en dan ook turksvye, stook die lekkerste mampoer.
Groete,
Angus
Hans,
Die nostalgie wel op wanneer ek aan my stookpêl van die 70's - 80's dink, lankal in die 'ewige wingerd' doenig. Hy't my met sy siel vertrou, want destyds was dit nog 'n amperse halsmisdaad. Hy't van sy beleë voorraad met so 'n stroperige viskositeit uitgehaal, die rosyntjiegeur was op 'n afstand waarneembaar.
Ek onthou met heimweë die slag toe ons wonder oor hoekom die maan so laat opkom - net om agter te kom dis eintlik dagbreek!
Die koper is net 5 liter, maar was R5000! R1000 per liter. Plus helse drama om by SARS te registreer. Dis darem net R1 per jaar ...
Deesdae sien ek dis gewilde stokperdjie. Vele kursusse by plekke. Ook duur. Dis deel van ons kultuur, dink net Herman Charles Bosman ...
Kommentaar
'n Ou het mos 'n keuse.
Raed-na-gael, ek steek die draak met jou ...
Deesdae is "craft beer and distilling" winsgewend en oop vir almal.
So, bak en brou?
Darem niks lekkerder as 'n tjoppie op die kole, krummelpap en sous, turksvymampoer en penshen nie. Die penshen droom ek maar nog net by.
Angus, ek het vyf liter koper stookpotjie aangeskaf. Vrek duur ...
Penshen? Wie nie droom nie, is klaar dood ...
Beste Hans,
My perd vir 'n koper stookketel! Hoe jaloers maak jy my nou!
Onthou net, sperskes, en dan ook turksvye, stook die lekkerste mampoer.
Groete,
Angus
Hans,
Die nostalgie wel op wanneer ek aan my stookpêl van die 70's - 80's dink, lankal in die 'ewige wingerd' doenig. Hy't my met sy siel vertrou, want destyds was dit nog 'n amperse halsmisdaad. Hy't van sy beleë voorraad met so 'n stroperige viskositeit uitgehaal, die rosyntjiegeur was op 'n afstand waarneembaar.
Ek onthou met heimweë die slag toe ons wonder oor hoekom die maan so laat opkom - net om agter te kom dis eintlik dagbreek!
Witblits (nie mampoer nie) groete.