Afstande van Namibië, vir HansR

  • 0

As jy nie hou van ry nie, gaan ons land vir jou vreeslik vervelig raak! Ver ry, is maar ons tweede natuur. ’n Gegewe. Die Damaras en die Namas is eintlik die twee meer gematigde swart bevolkings van ons land en die wat dan ook die minste voordeel getrek het uit die nuwe bedeling. Dis eintlik net die Owambo wat traai Namlish gooi seker oor hulle Swapo die reëls gemaak het. Die Himba is ’n afstammeling van die Herero en praat ook Herero. Hehe, as ’n Himba naby jou kom dan klink dit mos of iets lank terug gevrek het ... tot die ordentlike vlieë verkas! Ons bevolking staan nou op so 2 miljoen en die enigste groot probleem is dat almal werkloos wil Windhoek toe donner om daar te traai waar die besigheid mos is ... met die gevolg dat ons plasies maar eerder Windhoek vermy tensy dit nie anders kan nie. Ek stad net as dit waaragtig nodig is!

Namib

Namib ons het tydens ons reis deur die suide van Namibië ’n besigheidsman van Lüderitz ontmoet wat nie ’n skewe oog knip as hy elke maand Kaapstad toe moet ry vir voorraad nie. Vêr ry is vir seker ’n kleinigheid vir julle. – Maggie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top