"Afstand tussen twee" deur Melanie Mienie

  • 0

Afstand tussen twee

Ek onthou nog hoe ek gevoel het
Daardie eerste keer wat ek jou gesien het
Jou oë was die mooiste
En jou glimlag spook elke dag by my
Afstand tussen ons twee
Is nie ‘n groot probleem nie
Tog het jy my hart
Dit is al wat saak maak

Ek gee nie om wat ander mense dink nie
Jy bly spesiaal vir my
Dit maak nie altyd saak wat ander mense sê nie
Nog minder wat hulle dink
Want vir my is dit net jy

Jy sien my en ek sien jou
Al is ons nie by mekaar nie
Foto’s stil soms die verlange na mekaar
Herinneringe is waaraan ek vasklou
Tot die volgende keer wat ek jou sien
Jy is my alles en ek wil he jy moet dit onthou
Al is daar baie afstand tussen ons

Ek gee nie om wat ander mense dink nie
Jy bly spesiaal vir my
Dit maak nie altyd saak wat ander mense sê nie
Nog minder wat hulle dink
Want vir my is dit net jy

Vir altyd is dit net ek en jy
Met die afstand tussen ons
Van nou af sal dit wees
My en jou liefde
Vir nou en vir altyd

 

     

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top