afskeidskreet

  • 0

synde Afrikaan, vaaljapie, bleeksiel, metro-het’ro-seksueel,
sprek’r v’n suiw’r Biebouwiaans, Millennium Drie Afrikaans,
moed’rtaal, medium, in Afrika tot haar g’boort’reg g’kome,
hiëroglief, Nederduijtsch, eks’geet, v’n al Hoop se drome

sien’k verbas’ng’p Kommandeursinkomm’rsgavriet,
wou mos self sien hoe amaKhoekhoe sawens dans,
ommie vuur, inne eg-Afrika-waaib, ultra-indigeen,
b’reid ommie land virre paar eeue aan Kie t’leen

kanti, kontrak’t v’rstryk, inboorl’ngtyd’s b’tyds t’rug,
“umhlaba wethu”, innie “isiBhulu”-misbruik’rstaal,
kapitaalstruktuurg’weld’s sowaar glattie mooi g’sig,
g’wet’nloosheidsdraad’s g’vleg, dwarsdeur v’rhaal

al klink’t wreed, God Weet, Hy Soek sjatan “poer-in-sy-moer”,
bloedstoll’nd die afskeidseggo, op “Duiw’lspiek”-temp’lvloer

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top