afskeid aan samesyn

  • 0

eers is slawe uit voorhuis, kombuis, huis,
agterplaas, straat, buurt, distrik, verwyder,
alle intimiteit opgeskort, slaaf te onsuiwer,
te veel Euro-Indo-Khoisan, hardegat, dwars,
Mens t’maklik via eie huisbediende, slavin,
onvergeeflik vergif, oop virre doekoemery,
pa se heel eie dogter, ook al oud, afgeleef,
desperaat, bloedbroer, “baas”, t’versjeef

skuif Mens toe liewer mede-Mens, Naaste,
eie produk, buitewyk toe, dour annerkant,
oorkant spoorlyn, geografies gesegregeer,
spotgoedkoop arbeidspoel, submissiewes,
lijfheer se oud-lyfeigenes, in testament,
opgeteken as besittings, soos teeldiere,
vir jare uitgebuit, misbruik, agter mure,
elke aspek van hul lyf, lewe, lijfheer s’n,
bietjie minner toe apartheid rêrig begin

kolonialisme, slawerny, tot iets nuuts veranner,
gee bevoordeelde so veel as fokkol om, vir res,
op Aard’, in Millennium Drie, Heelal, Gemenebes

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top