Afskaf van kersfees en paasfees

  • 5

Ek het al 10 jaar gelede my klagte ingedien by die kommissie oor supra en na 'n dekade, het nog min gebeur. Die openlike diskriminasie, deur christelike groepe wat sommer net 80% van die SA-bevolking 'christene' verklaar en blatant opeis as hul ondersteuners, is blatantheid vanuit ’n apartheid-denkpatroon. Nêrens in die grondwet staan dat jy op grond van geloof van staatsweë mag diskrimineer met wetgewing nie! Hier op LitNet is net meelopers, sonder ballas, wat nie hul klagte sal indien om my te ondersteun nie.

My klagte het gegaan oor: a) dis wetlike ingestelde vakansiedae, b) die werkers moet dubbelsalaris betaal word op die vakansiedae, c) ander gelowe kry nie dieselfde gelyke behandeling nie soos in Art 14, 15 en 16 bedoel van die grondwet nie, d) dis 'n apartheid-ideologiese oorblyfsel en dit maak 'n bespotting van grondwetlike geloofsvryheid, bv daar is nog gereeld KAK stories van satanisme in Media24 wat misdaad pleeg. Die grondwet gee wetlike gelykheid en geloofsvryheid aan selfs 'sataniste'. Bywoning van geloofbeoefing in bv Polisie en Weermag is verpligtend, met kapelane nog aangestel in die instellings. Verder is alle geloofkarakters, hoorsê-getuienis in SA-reg en -howe.

Die sterftes op paaie agv dronkbestuurders en padvarke, kos die regering jaarliks miljoene aan mediese onkoste betaal uit RAF gedurende supra genoemde vakansietye, want dis altyd baie langnaweke. Die voortdurende diskriminasie op grond van 'n persoonlike individuele keuse, deur die SA-regering as 'n kollektief, kom neer op openlike diskriminasie teen en openlike onderdrukking deur regering van minderhede wie ander geloofsoortuiginge het.

Dink net hoeveel geld gespaar kan word op SA se begrotingtekort op lopende rekening, agv krediet-oorspandering in paasfees en kersfees? Minder sterftes op paaie en in geweldmisdaad? Die bisarre 'tally' op radio en TV-nuus oor dood elke jaar, sal ook stop.

As jul 'nie-christene' hier op LitNet dan enige integriteit het, voeg jul stem by myne en lê jul klagte by die kommissie. Nêrens in die grondwet staan dat SA 'n grondwetlike kollektiewe christelike staat is nie. Rig jul klagtes dan aan kommissie vir die bevordering van beskerming van die regte van kultuur, godsdiens en taalgemeenskappe in Parktown, Johannesburg, oorkant die Vatikaan se universiteit.

Hans Richardt

  • 5

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Nêrens in die grondwet staan dat jy teen Christene mag diskrimineer om hulle hul Godsdienstige vakansiedag hou, nie. Niks verhoed jou om daaraan deel te hê of dit te ignoreer en met jou normale werksdag voort te gaan, soos wat daar wel ’n paar mense is wat doen, nie. Jou tirade teenoor Christene en hul Godsdienstige herdenkdae kan straks neerkom op diskriminasie en haatspraak.

    Jy roep die paartjie op wat nie 'Christene' is nie, om van hulle te laat hoor? Daar is gans te min van julle. Het jy ’n idee wat sal gebeur as die Christene ook hul stem dikmaak, en dit langs julle patetiese klompie s’n sit? Dink jy steeds dat jy gaan hond haaraf maak? Of laat jy onverdraagsame, diskriminerende arrogansie jou nie toe om rasioneel te dink, nie.

    Kobus de Klerk

  • Hoekom wil jy Kersfees en Paasfees afgeskaf hê? Vir jare, dekades eintlik, leef die Jode in die land sonder dat hulle kla oor Christenvakansiedae (soos ek ook seker is Christene in Israel nie vra dat Joodse vakansiedae afgeskaf moet word nie).  Nou dat amalgamasie (jou woord) gekom het, nou wil jy hê dit moet afgeskaf word. Hoekom? As dit jou pla, moenie deelneem nie en stuur al jou krismispersente vir my. Four key res man; as hulle nie van ons vakansiedae hou nie, laat hulle op 'n ander plek gaan amalgameer.

  • Hans,

    Soos ek al voorheen opgemerk het, het jy skynbaar baie tyd op hande – dié dat jy dikwels jou tyd "misbruik" om snert soos hierdie skrywe van jou kwyt te raak. Eeder as om jou tyd te spandeer om “ondersteuning” te probeer werf vir jou wanhopige pogings om Kersfees en Paasfees as vakansie dae afgestel te kry – en dan met sulke werklike “stupid” redenasies daarvoor vorendag te kom. Kersfees en Paasfees veroorsaak nie padongelukke en/of sterftes nie, dit is eerder die bestuurders en/of die menigte onpadwaardige en/of oorlaaide motors/busse/ens. reg deur die jaar! Hoekom gebruik jy nie eerder jou tyd om God te leer ken nie. Ek kan jou waarborg dat dit werklik Lig in jou lewe sal bring en ook ongelooflike vreugde!

    Maar as jy dan nie my goeie raad wil vat nie en eerder wil volhard in jou doellose skrywes, is my raad aan jou om dan jou energie eerder te fokus op die Gauteng Tol kwessies. Daar is skynbaar “publieke verhore” huidiglik aan die gang waar enigiemand hul opinie kan gaan lewer en hul stem kan dik maak. Jy klink vir my soos ’n goeie kandidaat daarvoor en dalk (net dalk) as jy met dieselfde passie (soos wat jy teen Kersfees en Paasfees het én waarmee jy in elk geval nêrens gaan kom nie) teen die tol kwessie kan uitvaar, kom jy dalk êrens! Wie weet, dalk hoor ons jou oor die radio of sien jou op TV! Wow, die moontlikhede.....

    Sterkte

    Dolf

  • Kobus de Klerk

    El weet so wrintie nie waarom die agnostikus kla, nie. Hy het dan ook sy eie herdenkingsdag vir ateïste - 1 April elke jaar, oftewel, April Fools' Day.

    Is mos so, na aanleiding van Psalm 14:1, of hoe. Lees dit gerus in een van die Engelse vertalings, Richardt...

    Kobus de Klerk

  • Mens gun elke geloof sy heilige dae, maar vier die oorgrote meerderheid Christene werklik nog Paasfees en Kersfees onder die dekmantel van geloof of het dit bloot vakansiedae geword weg van die huis af? Persoonlik sou ek ten gunste wees van verdraagsaamheid by werkgewers dat elke persoon sy geloof uitleef, maar beweeg weg van nasionale langnaweke wat elke keer weer hope sterfgevalle op die paaie tot gevolg het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top