Afrikaners, waar is julle?

  • 3

Ek, my Ingelse vrou, skoonsus, skoonbroer en skoonpa kuier verlede Vrydagaand by ’n aangetroude niggie se bar/kroeg hier in die dorp. Hulle het die plek so twee jaar gelede gekoop, bietjie opgeknap en hier en daar verbeter.

Dit is ’n tipiese sportkroeg met kunsmatige oppervlak minisokker-velde. As ek sê die plek kook, dan kook dit. Daar word elke aand sokker gespeel. En die manne en maninne is dors.

Ons skuif toe so teen sesuur daar in. Daar is musiek en later kom daar ’n knaap met ’n musiekboks aan en begin toe sing. Nie te onaardig nie, ouerige liedjies en van die mense skuif van die tafels weg en begin boudswaai.

Ons eet ietsie ligs en vat maar maar iets vir muskietbyt ook. Ewe skielik trek die singende knaap daar weg met Kort Derm se "Kaptein" en slaan oor in "Loslappie". Ek weet nie waar peul die mense uit nie, maar die "dansvloer" is gepak en jy hoor net Afrikaans. Ek gaan toe summier aan die drinke, en word later daar weggesleep, want ek begin myself tussen "my mense" te geniet. Ek dink die "regte Afrikaner" handhaaf ’n lae profiel. Dit is hoekom hulle so moeilik identifiseerbaar is.

Gelukkig wroeg ek nie oor die saak nie. Om die Afrikaner vandag te brandmerk is ’n onbegonne taak. Om dit suiwer op taal te doen, is nie die antwoord nie.

Aan die mense wat beweer Afrikaans is van iemand af gesteel, snuif tulpe of rook papagaaislaai.

Moenie die regte Afrikaner in ’n blik probeer druk nie, jy gaan jou moer teekom.

Reusedwerg

  • 3

Kommentaar

  • Reusedwerg
    Nou hoe definieer jy jouself as 'n "regte Afrikaner" wat impliseer daar is ook 'n "verkeerde Afrikaner"? Elders op SêNet het jy ook geskryf jy maak deel van die "ware Christen" in teenstelling met "valse Christene". Jou emosionele en subjektiewe eiegeregtigheid ken blykbaar geen perke nie, en omrede jy nie bereid is om jou stellings onder die vergrootglas te wil plaas nie, maak dit bowendien van jou 'n lafaard.

  • Terloops Reusedwerg, Jy skryf: "Moenie die "regte" Afrikaner in ’n blik probeer druk nie, jy gaan jou moer teëkom.
    'n Tipiese "hillbilly", "kranswagter" uitkyk oor die lewe. Gelukkig het die breër Afrikanerdom nie hierdie tipe mentaliteit nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top