Dis tans afgewater tot bier drink en vleisbraai of potjiekos. Dis seniel om supra as my hele identiteit saam met 'n 'slang' taal as 'n kultuur voor te hou. Jy kan nie vir my sê wat 'n inisiasie-tradisie in bv karoo/kalahari van 'n jong 'boerseun' nie? Om daai 1ste springbok of gemsbok te kan skiet vanaf 'n bewegende voertuig se bak. Kyk, ek kan jou sê dat dit nie maklik is met 'n ou Mauser met oop visier en 'n R1 rondte in loop, op bv daai kalkveld in suide van Namibië, met elmboë dooie rus op dak van 'n ou Landcruiser nie. 'n Bladskoot op 'n paar honderd meter? Dan gee plaastannie jou hel oor die bloederige blad en hoekom nie kopskoot nie. Verder is dit bitter koud agter op daai voertuig. In 1800's sou dit 'n perd gewees het? Nou ja Jan Rap, jy het nou tyd as afgetredene. Die slag en verwerk is deel van dié tradisie. Kultuur is 'n totale pakket van tradisies, argitektuur, kleredrag, taal ens en selfs xenofobia teenoor rolbos-vreemdelinge.
Hans Richardt

