Afrikaner stryery?

  • 0

As 'agterna trek'-voortrekkers, later 'Boere' in Anglo Boere Oorlog geword het, was die wat in Kolonie agtergebly het as mengsel, dan Anglikaners of Afrikaners? Of het die volk Afrikaner eers met Afrikaans as amptelike taal, ontstaan? Daar kan geen historiese adel in Afrikaans en Afrikaner bestaan nie, wat toegang kan eis by die Raad van Tradisionele Leiers, itv die wetgewing tans nie. Hierdie is ook die rede waarom die Hoof Rabbi van SA nie 'n tradisionele leier kan wees nie. Met wit Afrikaanssprekendes, is dit met hul Calvinistiese universele geloof, nie eens eenheid in geloof nie. Jaco Fourie smous 'n onmoontlikheid, met sy wanvoorstelling dat jy tradisionele leiers kan verkies tot Raad van Tradisionele Leiers. Ek dink dat hy besig is met ander grootskaalse wanvoorstellings met sy opinies op LitNet, bv die 'nuwe afrikaner', wat van enige etnisiteit op grond van net 'n taal 'n ander etnisiteit as 'nuwe afrikaner' word, 'n onmoontlikheid! As ek pitsa en pasta elke dag eet, word ek nie 'n nuwe Italianer nie. Ek moet saam met Jan Rap stem, dat die vlak van debatvoering, anders as oor 'n orakel in 'n boek, tappit is. Feit vir my is as dat Anglikaner tans 'n raker beskrywing van Afrikaanssprekendes is in SA, met al die Engelse gebruike, mites en fabels in Afrikaans, agv die koloniale agtergrond en Jan Smuts se anglisering van SA na die ABO. Met uitsondering van Orania, is die ander 'tuisland groeipunte' tans 'n maatskaplike uitreik na haweloses en desperados.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top