Hierdie minuskule minderheid in ons geledere is soos terrier-honde wat net weet hoe om te blaf en ’n lastige lawaai te maak. Hulle is onderling so verdeeld in klein groepies in opposisie onderling met mekaar, tog ook in ’n gesamentlik koor, welke koor ’n gekerm is omrede die meerderheid hoofstroom Afrikaner nie met hulle eens is nie.
Eienskappe hoe hulle uitgeken word: (1) het ’n sentrale leier wat hulle soos ’n godgeroepe profeet aanhang; (2) het nie verby 1994, party selfs nie verby 1969 verby beweeg het nie (3) verkwalik die “Ja” stem referendum meerderheid tot vandag toe; (4) ly aan ’n “ons is regte Afrikaners” (dun gesaai) en “julle is verraaier-Afrikaners” mentaliteit; (5) meer behep om mede Afrikaners te verkwalik, selfs vir die geringste onbenulligheid, eerder as om die werklike Afrikaner-vyand buite ons gemeenskap aan te vat; (6) is nie bereid om deel te word van die oplossing van vandag se Afrikanerprobleme nie, en die Afrikaners wat wel skouer aan die wiel vir Afrikanervooruitgang bearbei gedurig te kritiseer; (7) vir onlogiese redes is hulle meer anti-Joods as vir enige ander ras. (8) Droom van die onmoontlikheid, nl ’n Afrikanervolkstaat, asof die vir hulle wel haalbaar is, maar weet ook nie hoe om hierdie haalbaarheid te verwesenlik nie. (9) het ’n ongesonde haat in die Engelse en alles waarvoor die Engelse staan en verteenwoordig. (10) sal nie ’n sent spandeer op sake deur ander Afrikaners aangepak tot voordeel vir Afrikaner probleemoplossings nie.
Die gekkegrens is so dun gesaai, dat hulle nie eers gemeenskaplike samesyn onderling geniet nie, maar deur middel van die internet met mekaar alleenlik kommunikeer. Die sure ironie is dat van die bekendste leiers onder hulle, wat sanik oor Jode en die Engelse, self in Joods – Engelse voorstede, veral in Johannesburg, Dainfern, ens bly en nie eers tussen hulle eie volksgenote nie.
Hulle mis uit in die vreugde om gemeenskaplik Afrikaner te wees:
Die Afrikaner wat met sy klein geldelike bydrae help om Afrikanerbelange te bevorder en Afrikanerprobleme te help oorbrug doen dit deur middel van hofgeding, het kampusverteenwoordiging om die taal te bevorder, met die huidige droogte voorsien boere met lewendehawe voer, Afrikaner-grafplase en standbeelde in stand te hou, lei Afrikaners op in selfverdediging, het burgerlike straatpatrollies om misdaad te bekamp, groot geld gespandeer om die propaganda teen die Afrikaner te weerlê in die vorm van films (bv ANC-propaganda teen ons geskiedenis), is betrokke op skoolvlak in belang van Afrikaners, verskaf tenkwater aan Afrikaners (Lydenburg) waar munisipaliteite droog geloop het, bevorder Afrikanerfeeste, deel in ons Afrikanererfnis (bv Voortrekkermonument) ens ens . . .
Nêrens kan enige gekkegrens-Afrikaner-groepering hiermee naastenby spog nie.
Een groot voordeel is dat die vreugde in Afrikanerskap deur vandag se jongmense onderling geniet, is belowend vir hulle toekoms . Die gekkegrens-Afrikaner is ’n verouderende groep wat binne die volgende 15 jaar, soos hulle een vir een ’n natuurlike dood gaan uitsterf, met net ’n lyntjie of twee in die geskiedenisboeke van die toekoms tot hulle nagedagtenis.


Kommentaar
Ek is eerder deel van die gekke as van jou hopelose poging om die teendeel te bewys.
Ek is 'n lid van AfriForum maar besef ook dat dit net tydelike uitkoms bied en inderdaad nie finansieel oor die lange duur haalbaar is nie. Dit roep nie die amptenare wat verantwoordelik is om die dienste te lewer tot verantwoording nie.
Trouens hul verkoop in baie gevalle die werk as synde dit eie te wees omdat hul dit dan kastig deur onderhandeling reggekry het.
Verder sien ek praat jy nou nog kak oor die BCom-rigtings en besef nie dat in baie
BCom-grade wiskunde 'n integrale deel is, soos bv waar boeke soos 'Operational Management' of 'Managerial Finance' deel van die voorgeskrewe werke was.
Nou skryf jy verder: "Nêrens kan enige gekkegrens-Afrikaner-groepering hiermee naastenby spog nie," wat weereens 'n bewys is dat jy nog nat agter die ore is.
Dit is juis hierdie 'gekkegrens-Afrikaners' wat agter die ordelike ontwikkeling van swart woongebiede gestaan het terwyl liberales geweier het om enigsins deel te neem en die armoedige omstandighede waar in talle veral swart mynwerkers na mynsluiting (veral aan die Rand) gebly het, uitgebuit het om mense tot opstand te dryf.
Ons leef in 'n gekke-paradys omdat beloftes van beide kante af ( blankes: van 'n ordelike samelewing -met eie distrikte, skole ens en swartes 'n utopia) blatante liberale leuen was en dat Suid-Afrika maar nog net 'n Afrikastaat is waarin blankes soos in ons buurstaat al hoe meer as ongewenste indringers beskou word.
Kyk die swartes in ons buurstate betoog ook maar is nie so gek om alles af te brand nie - dit lyk my is uniek Suid-Afrikaans. Al die dinge waarmee jy nou so spog wat AfriForum doen is net 'n bewys hoe ver Suid-Afrika in duie gestort het omdat die liberale Afrikaners nie wou luister na die gekke-Afrikaners nie.
FC Boot
Die Afrikaner-gekkegrens, wat jy nou met trots uitblaker jy deel aan het, het tot stand gekom sedert 1994. Oudergewoonte, lees jy nie noukeurig nie. Ek het 'n duidelike en eenvoudige definisie (eienskappe) hierbo gegee hoe die Afrikaner-gekkegrens uitgeken kan word. Die regering vanaf my 18-jarige ouderdom tot voor 1994 wat ek self ondersteun het, voldoen nie in die geringste aan bogenoemde definisie nie, en kan dus nie naastenby met enige Afrikaner-gekkegrens vereenselwig word nie. Neem diep asem, lees weer en die keer lees stadig.
Ek het AfriForum hierbo geensins genoem nie. Die feit dat selfs jy hulle dadelik vir hulle werke in my brief uitgeken het, is 'n duidelike pluspunt vir hulle. Wys net. Wat in Afrikanerbelange GEDOEN word, weet almal dit kan net AfriForum alleenlik wees, in teenstelling met die Afrikaner-gekkegrens.
Mbt jou storie van die Bcom-grade, nie deel van hierdie gesprek nie, wel deel van 'n ander brief van my getitel "Gratis Universiteitsfooie, het jy selfs daardie brief nie noukeurig gelees nie. Ek het daar duidelik gesê: "Verhoog eerder die tariewe vir BA- en BCom-studente (met UITSONDERING, sien hieronder) ... Sekere BA en BCom gespesialiseerde aanbiedings kan ook gratis, liefs teen ’n minimale fooi aangebied word waar sodanige kursusse in BELANG VAN DIE SAMELEWING dien, soos bv verpleging, polisie, onderwys, sosiale werkers, ENS" Weereens. Neem diep asem, lees weer, maar ook die keer stadig!