Afrikaanse Skrywersunie word geloods

  • 0

Afrikaanse Skrywersunie word geloods

In opvolging van ’n mandaat wat aan ons verskaf is deur ’n vergadering van Afrikaanse skrywers tydens die Woordfees vroeër vanjaar op Stellenbosch, verneem ons graag langs hierdie weg van u of u as mede-skrywer daarin sou belang stel om lid te word van die Afrikaanse Skrywersunie. Ons onderneem om binne die volgende maande ’n amptelike stigtingsbyeenkoms te belê. ’n Aanduiding van u steun in hierdie stadium sal help om sake te bespoedig.

Die agtergrond vir die stigting van ’n liggaam wat die belange van alle Afrikaanse skrywers sal dien, is die volgende:

  • Kommerwekkende tendense op die gebied van media-wetgewing open die deur vir verdere sensuur en voorskrifte deur die staat oor wat ons mag en nie mag skryf nie. Dit is nodig dat ons ’n verteenwoordigende liggaam tot stand bring wat dit kan teenstaan.
  • Die onderwysowerhede het reeds ver gevorder met planne om self boeke vir die onderwys te publiseer. Dit kan meebring dat skrywers se literêre werke gemarginaliseer of volledig geïgnoreer kan word by die saamstel van publikasies vir die onderrig van Afrikaans op skool. Nie alleen sal dit die inkomste van skrywers raak nie, maar dit sal ook beheer oor oordrukregte moeiliker en selfs ontoepasbaar maak. Dit is nodig dat ’n skrywersliggaam hierteen stemming maak, as waghond optree, die hand van uitgewers versterk, asook verseker dat ou ooreenkomste tussen skrywers en uitgewers oor vergoeding uit onderwys-bloemlesings steeds van krag bly.

Indien u belang stel om die Afrikaanse Skrywersunie te ondersteun en deel te wees daarvan, moet u asseblief onderstaande invul en aan ons stuur by die e-posadres loods.asu@gmail.com.

Loodskomitee:

  • Andries Bezuidenhout, Gerrit Brand, Breyten Breytenbach, Kerneels Breytenbach, Willie Burger, Marga Collings, Willem Fransman, Amanda Lourens, Desmond Painter, Andries Visagie
  • Sameroeper: Kerneels Breytenbach

Naam van die organisasie:
Die Afrikaanse Skrywersunie. 

Doelstellings van die organisasie:

  • Bevordering van die belange van die boek. Benewens skrywers word lesers, resensente, akademici en uitgewers dus ook betrek. 
  • Bedingingsmag aan skrywers. Die belange van die Afrikaanse skrywer moet só gehoor word dat hulle inspraak het by groter organisasies. 
  • Protes teen totalitarisme; behoud van alternatiewe denke en individualiteit. 
  • Internasionale skakeling.
  • Teenstand teen marginalisering van Afrikaans, Afrikaanse skrywers en gehalte, spesifiek tov staatspublikasies, en veral op onderwysgebied.
  • Solidariteit met die verdruktes en betrokkenheid by die wyer gemeenskap. 
  • Diversiteit.
  • Oorkoming van die probleme van ras; die uitleef van nie-rassigheid in die praktyk.
  • Onafhanklikheid van politieke partye en van monopolisme.
  • Die stryd teen sensuur.

Aard van die organisasie:

  • Inklusiewe liggaam, dit wil sê ’n boekorganisasie. 
  • Fokus eerstens op Afrikaans en ’n stem vir Afrikaanse skrywers. Die organisasie moet Afrikaanse skrywers verenig en namens hulle praat, maar skakeling na buite is belangrik.
  • Ten opsigte van die vraag of dit ’n unie, ’n organisasie, ’n vereniging, ’n gilde of ’n vakbond moet wees: Tydens die vergadering is bespreek sowel die kwessie van regsimplikasies van ’n vakbond as die vraag of ’n skrywersorganisasie oor verteenwoordigende mag beskik.
  • Morele of simboliese mag moet nie uit die oog verloor word nie, en die organisasie moet hierop bou.
  • ’n Onafhanklike organisasie, sonder enige partye aan wie verantwoording gedoen moet word.

Lidmaatskap:

  • Almal wat professioneel doenig is met die skryf, vertaal, resenseer, analiseer, uitgee en verkoop van boeke. Dit wil sê skrywers, vertalers, resensente, akademici, uitgewers, boekhandelaars en so meer. Leserskringe behoort geaffilieerde lidmaatskap te geniet.
  • Lidmaatskapsgelde sal gehef word.

Klik hier om die inskrywingsvorm af te laai.

Lees wat sê Kerneels Breytenbach oor die Afrikaanse Skrywersunie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top