Afrikaanse skelname

  • 0

Beste Jan

Toe ek jou gevra het hoe sien jy die gewraakte bewoording: “rugstekers, joiners, meelopers, agterryers en verraaiers” wat jy naas “slapgatte” so gretiglik by herhaling gebruik, het ek jou ook gevra, moenie ’n lang relaas gee met gesublimeerde propagandise verduidelikings nie. En sowaar daar doen jy dit. Maak nie saak hoe jy die woorde teen mede Afrikaners aanwend nie, bly dit geniepsig en beledigend teenoor jou mede-volksgenote.

Ek som jou lang relaas soos volg op:

Slapgatte: Afrikaners wat toelaat dat straatname verander word; getal Afrikaanse skole krimp; ens. deur terug te sit en niks te doen nie. (Wat is Praag se aksieplan hierop behalwe praat?

Meelopers: Mense wat deur die sterre gelei word seker bedoel ’n fatalistiese uitkyk oor die lewe huldig en alles net so aanvaar. (So as gevolg van hulle oortuiginge verdien hulle om uitgeskel te word? Toon dit nie minagting en onverdraagsaamheid van mede-Afrikaners nie?)

Joiners: Jy sien Afrikaners wat ’n groter voorliefde vir Engels en die Engelse het als joiners. Soos in my brief: “So what?” Die wonder van die beste konstitusie ter wêreld is die indiwidue se reg om te kies met wie hy wil, al dan nie, geassosieer wil wees. Wil jy nou voorskriftelik wees deur wyse van uitskel?

Verraaiers: Afrikaners wat volgens jou interpretasie Afrikaner-belange (bedoel jy nie gekkegrensers se belange nie) aktief teëwerk. Sonder openbare name met spesifieke gedrags-voorbeelde nie, bly hierdie konsep van jou vaag.

Jan, jy, Anton (indien julle twee aparte persone is) en Rooi Daantjie bly by praat en beledig, amper uitsluitlik mede-Afrikaners alleenlik. Wat doen ek daadwerklik vir die Afrikanersaak? Ek soos vele ander Afrikaners, in eie kapasiteit, kan weinig verrig, maar ek, soos al hoe meer wordende Afrikaners ondersteun AfriForum heelhartig, selfs met bydraes, want hulle het ’n bewese rekord van DAADWERKLIKE suksesvolle dade vir die Afrikaner afgehandel. Hulle gebruik ook nie beledigende taal teenoor hulle mede Afrikaners nie, selfs nie teenoor Afrikaners wat polities hemelsbreed van hulle verskil nie. Onlangs het hulle ’n verstewigde Afrikaner groepering op die been gebring ten doel om in ’n beter magsposisie te wees om daadwerklik verdere aanslae ten bate vir die Afrikaner te DOEN.

Jy, Anton en Rooi Daantjie blyk neutraal teenoor AfriForum en die nuwe groepering te staan, maar die praatsieke Rooi Daantjie se lippe hang jy aan, daardie lippe wat geen daadwerklik iets vir enige Afrikaner gedoen het nie, nie eens te praat vir sy eie volgelinge nie.

Blykbaar kom jy nog steeds nie agter hoekom ek Rooi Daantjie minag nie. Ek het vandag genoeg briewe geskryf. Ek gaan jou more volledig beantwoord, my eie en nie jou antwoord in my mond geplaas nie. Jy skep my die geleentheid om Rooi Daantjie weereens onder die vergrootglas te plaas.

Tot more

Jaco Fourie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top