Hello,
Is daar nie ‘n gesegde wat gaan dat ‘n mens versigtig moet wees waarvoor daar gewens word nie?
In die onlangse debat oor Afrikaans is daar aangevoer hier dat Afrikaans ‘n Germaanse taal, soos Comestor hier aangedui het: “Afrikaans is ‘n Indo-Europese en meer spesifiek ’n Germaanse taal”, taalwetenskaplik nogal.
In daardie debat vra ek, “Wat sal dit baat of Afrikaans inheems of uitheems is?”
Engels en Afrikaans word in die wetsontwerp uitgesonder as twee voorheen bevoordeelde tale, waarvan net een in ’n streek as ampstaal gekies mag word. In praktyk is dit die einde van Afrikaans as ’n ampstaal. Om Afrikaans en Engels oor dieselfde kam te skeer is óf kwaadwillige skoorsoekery van die ANC teenoor Afrikaans óf skokkende onkunde.
Afrikaans is ’n inheemse taal soos Zoeloe en Xhosa. Weliswaar is Afrikaans onder die NP-bewind bevorder, maar die taal het ’n lang geskiedenis voor die NP gehad.
Ook omrede Afrikaans volgens hierdie definisie nie ‘n inheemse taal is nie en indien dit aanvaar word dan is daar aan die wense voldoen van die wat aangedring het dat Afrikaans is ‘n Indo-Europese en meer spesifiek ’n Germaanse taal is.
Dit is nou ‘n lat pluk vir jouself.
Dit word nie met ‘n gevoel van genoegdoening geskryf nie, maar met ongeloof kan dit werklik besig wees om te gebeur. Die gesprek oor Afrikaans het skielik ongemaklik naby aan die moontlikheid van verlies gekom hiermee.
In ‘n brief wat ek nooit aan gestuur het nie, wou ek die geskiedenis van die taalstryders van ouds bespreek het en hoe dit so onlangs soos 1907 werklik op dreef gekom het en hoe Afrikaans alreeds in die laat 1970’s behalwe vir die ou staatdiens van ouds alreeds in die minderheid was en Engels die stryd gewen het.
Die debat oor die inheemse of uitheemse aard van Afrikaans is nog meer hartseer idien die volgende opmerking van Breytenbach as ‘n akkurate beskrywing van Afrikaans aanvaar word, wanneer hy Afrikaans beskryf soos volg:
“We are a bastard people with a bastard language” en dan die gedeelte wat dalk die inleiding van hierdie brief en die obsessies wat dit uitlig.
Breytenbach gaan voort, “and like all bastards – uncertain of their identity – we began to adhere to the concept of purity. That is apartheid – the law of the bastard”.
Afrikaans, stompstert-Hollands volgens Smuts, die baster tussen Hollands en die taal van die slawe.
Daar is geen skaamte in my gemoed daaroor nie, maar die huidige ironie sny diep.
Die redaksienele kommentaar maak hierdie stelling ook, “Weliswaar is Afrikaans onder die NP-bewind bevorder, maar die taal het ’n lang geskiedenis voor die NP gehad. Afrikaans hoef nie die een of ander skuld vir apartheid betaal nie. Die taal het nie apartheid begin nie, net soos Duits niks met Nazi’s te doen gehad het nie”.
Baie dankie
Wouter

