Afrikaans sterf nie uit nie, dis ook die taal van Australiese staatsdokumente!

  • 2

Vir almal wat gedurig sanik dat Afrikaans aan die uitsterf is, neem gerus kennis dat die Australiese regering deesdae dokumente in Afrikaans vrystel.

Hier is ‘n voorbeeld:

http://www.sdro.nsw.gov.au/lib/docs/languages/afrikaans_contact.pdf

www.sdro.nsw.gov.au

Groete

Anelia

 

  • 2

Kommentaar

  • Johannes Comestor

    Dit is moeilik om te begryp hoe Australiese owerheidsdokumente in Afrikaans die heil van Afrikaans plaaslik kan bevorder. Wat nodig is, is groter erkenning en ruimer gebruik van Afrikaans deur plaaslike owerheidsliggame, instansies en indiwidue. Dit is nogal onsimpatiek en onvriendelik om aksies van diegene wat vir Afrikaans omgee as 'n gesanik af te maak.

    Johannes Comestor

  • Kobus de Klerk

    Hierdie fenomeen laat my weer besef hoeveel Afrikaanssprekende Suid Afrikaners al die land verlaat het en in Australië gaan vestig het en in die proses hulle Suid Afrikaanse bande afgeskud het, maar nie hulle taal nie! Soveel so dat die New South Wales regering dit nou al regverdig om amptelike dokumente in Afrikaans beskikbaar te stel!

    Een ding is dan seker, Johannes, en dit is dat Afrikaans besig is om oor grense heen soos goeie saad te ontkiem en voor jy weet, word Afrikaans as vak aangebied op skool!

    Dit is bepaald 'n baie positiewe ontwikkeling. Dankie dat jy ons aandag daarop vestig, Anelia.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top