"Afrikaans" deur Marli Visser

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Ek wil skryf in my taal
Maar my woordeskat staak
Waar kom my gedagtes vandaan?
Dit kom van ? plek in Suid-Afrika

Net nou die dag jou gevind
In my hart ingekruip
Stilletjies en stadig
En nou groei dit in my

Nostalgies luister ek
Na jou stem en jou hartklop
My begeerte bloei vir jou
As ek hoor hoe jy verdwyn

Ek lag in my taal
Ek huil in my taal
Ek droom in my taal
Ek sing in my taal

Jy en musiek saam skep ? leefwyse
? Goue gedagte vir jou
Vir jou my taal, Afrikaans
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top